Ek lees vanoggend Jesaja 53. Eintlik begin dit seker al in 52:13. Wat my veral tref is in vers 10 praat Jesaja van " Yet it was the Lord's will to crush him and cause him to suffer" en daarna in vers 11 die amazing woorde "When he sees all that is accomplished by his anguish, he will be satisfied." Isaiah 53:11
Hierdie woorde is geskryf 600 jaar voor Jesus se geboorte en met God se volmaakte plan vir die wêreld waar geword nes dit voorspel is.
Wat 'n ongelooflike genade - ons is vry, ons het vergifnis ontvang en ons mag deel deur Jesus in God se teenwoordigheid nou en vir ewig.
O Here ek wil vanoggend sê dankie vir U ongelooflike genade en liefde vir ons. Ek besef net weer wat U dood en opstanding vir my beteken. Mag ek altyd my vreugde in U vind.
My woorde is min en gee nie weer als wat ek voel in my hart nie, maar ons prys U, ons Redder God.
In Jesus naam Amen
Ek dink nie ons sal ooit regtig verstaan wat daai dag op die kruis gebeur het nie, maar al wat saakmaak is dat ons in die proses vergewe is van AL ons sonde... wat 'n voorreg om 'n LEWENDE God te kan aanbid!
ReplyDeleteGeniet julle Paasnaweek, wat julee ookal doen...