Tuesday, April 28, 2009

Asemrowend...

Oppad vanoggend sien ek en De Villiers hierdie asemrowende mooi sonsopkoms oor Gonubie - die weste was later ook iets om te aanskou maar toe het ek bestuur en kon nie 'n foto neem nie. Ons aanbid darem 'n wonderlike God, Hy het nie nodig om dinge vir ons mooi te maak nie, maar tog doen Hy dit, net omdat Hy kan en omdat Hy ons liefhet!
Ek is die 3 dae tussen die 2 vakansiedae af en sit hier by Ben by die shop en blog. Voel skoon vreemd om weer te blog en voel natuurlik baie skuldig dat ek ons "saamwees" tyd so afskeep. Ons het eintlik soveel om te sê en om voor dankbaar te wees en soms voel ek ek het niks om te sê nie, maar as mens net om jou kyk besef mens net hoeveel het jy eintlik! Daar is die holrug-geryde gesegde dat dit nie die hoeveelheid asemteue is wat mens aan die lewe hou nie, maar die hoeveelheid teue wat jou asem wegneem - (in Engels klink dit so: "It is not the breath we breathe that counts, but every moment that takes our breath away") hierdie was een van daai oggende...

No comments:

Post a Comment