
Die Kaap in al sy glorie... dis behoorlik 'n "vroegoggend" en ons is terug van 'n wonderlike par dae van asem skep! So 'n wegbreek (al moes ek werk) gee mens sommer weer krag en die foto help! Die eerste paar dae wat ons daar was het ons amper wegggespoel, veral in Kampsbaai waar ons vriende bly. Hulle is nog besig om hulle huis te bou en daar was 'n paar benoude oomblike toe die reen net nie ophou val nie.

Genadiglik het die son weer begin skyn na 4 dae se reen en die bouery kon aangaan. Die klipmuur op die voorgrond word gebou uit rotse wat op die erf was - dit word opgekap in kleiner blokke en dan gebruik om die stunning muur te bou. Die onderste venster met die toegetrekte blindings is waar ons geslaap het... ai, dit was so 'n voorreg om in die oggend met die eerste "oog-oopmaak" oor Kampsbaai te kyk by die een venster uit en Leeukop aan die ander kant!

Die skool begin more en al probeer ek om vir De Villiers te verduidelik dat almal voel soos hy, troos dit hom glad nie! Hy sal verseker vir die res van sy lewe op vakansie kan bly!
Ag hoe lekker om van jou te hoor!!! Wat 'n pragtige huis en uitsig! Sjoe hulle is voorwaar gelukkig om dit elke dag te kan sien!
ReplyDeleteEks so bly om te hoor dat julle lekker gerus en gekuier het. Vandag is dit Donderdag en die skoonfamilie is al hier vir 3 WEKE! Nog 4 to go. Jy weet mos maar...........
Gelukkig vertrek ons Maandag vir 'n week op vakansie so dit behoort darem die spirits bietjie op te kikker. Stuur nog fotos, ek miiiiisssss jou!!!!!!!!!!!!!!!