Ek het nou die dag die eende (of is hulle ganse?) afgeneem toe ons vir 'n naweek weg was na Lake Chelan WA. Mooi pic ne? Die son was net besig om onder te gaan en die lig was pragtig en sag maar die water het te mooi geblink.
Dit laat my dink aan my ma se opmerking jare gelede waar sy altyd vir my gesê het "my kind as jy in 'n situasie is waar jy panic, skop net jou voetjies vinniger maar moenie dit op jou gesig wys nie" Ek dink sy het 'n swaan ingedagte gehad maar nou ja my gans eende is seker close genoeg.
Skop sussie skop-ek dink aan jou en bid dat dit klap. Die lang email is in die pos :-)
Ai, maar ons blog lyk so mooi en vrolik! En dis 'n verskriklike mooi foto! Mens wil sommer na 'n kwas en verf gryp. Ek moet sê, ek sukkel maar nog deesdae om te skop sonder dat dit op my gesig wys... maar die pilletjies begin definitief werk, ek voel so bietjie meer "verwyderd" van al die probleme.
ReplyDelete