Daar was al baie tye wat Marelie vir my die woorde gesĂȘ het "Mamma ek kan nie......." en baie dikwels was ek so gefrustreerd om dit te hoor want ek het geweet dit was iets wat sy wel kan doen. Gister was weer so 'n dag. Die aanpassing hier is en was maar nog steeds swaar - elke dag is vol van sy eie probleme en alhoewel sy redelik goed aangaan is daar maar nog steeds die dae waar ek hierdie woorde hoor. Dit breek elke keer my hart want daar is 'n deel van my hart wat net alle paaie vir haar wil glad maak en elke hindernis wil wegvee en partykeer het ek nie die woorde om te troos nie. Ek lees toe 'n oulike stukkie oor "can do kids" en ek sit vir jou 'n stukkie hier aan.
Our kids need us to believe in them and show it through our words and actions. I was so grateful God gave me such a powerful lesson and promise from His Word to pass on to my child in the midst of a crisis. God wants you to know that you are His can-do kid! You can do whatever He's calling you to do today, because He believes in you and He's with you! He wants to pass that truth on through you, and use you to help your child know that they're a CAN-DO kid, who can do all things through Him who gives us strength!
Dear Lord, help me see beyond who my child is to who he can become in Christ. Show me if there are areas in his life where he is comparing himself to others. Help me notice and nurture his personal strengths and remind him that he can do all things through Christ. I pray you would open the eyes of my heart to learn Your truths in my everyday life and pass them onto my children. In Jesus' Name, Amen.
"I can do all things through Christ who strengthens me." Philippians 4:13
Die foto bo is van 'n kleeeiiin nuwe poppie wat ek gemaak het. Hy is omtrent 5 cm hoog. Die gesiggie het ek uit klei gemaak en die lyfie lap. Die eier is klei wat ekgeverf en toe gecrackle finish het. Die glasie is 'n klein kershouertjie waarin ek seed beads gegooi het net om die onderkant vd glasie te anker.
Hierdie is so waar; ek het ook al gewens ek kan De Villiers forseer om 'n ding te doen net omdat ek weet hy kan. Maar hy dink hy kan nie net omdat hy nie probeer het nie of omdat hy na die eerste probeerslag geflop het. Ek dink ons ouers het deur presies dieselfde met ons gegaan want ek kan die sinnetjie so goed onthou: "Kannie is dood van kruiwa-stoot"
ReplyDelete