Thursday, January 8, 2009

Die Tandem


Ons vriende at Kaap toe getrek het, het vir ons 'n tandem persent gegee - hulle het 'n paar Cape Argus wedrenne met hom gedoen en noem hom die Groen Mamba. Ek en Ben het gistermiddag en vanmiddag op hom geklim en om Gonubie gery - dis 13 km. De Villiers het hierdie baie vleiende foto van ons geneem net toe ons hier by die huis afklim! Dis 'n ongelooflike "stress reliever" en as ons 2 al ooit saam moes werk, doen ons dit op die tandem! Om 'n draai te vat is soos om met 'n kar en sleepwa te ry! Dis baie lekker en ek hoop ons kan dit volhou.

2 comments:

  1. Aitsa!! Julle moet dit geniet! Ek dink so 'n ou 2mens fietsie kan vir my en my liewe man net baklei beteken!
    Nee maar ernstig nou - dis lekker om so iets saam te doen julle moet volhou. Dalk ry julle nog die Argus!!!
    Sjoe maar jy lyk goed! Jys so maer!!!!

    ReplyDelete
  2. Ag, jy laat my tog so goed voel! Ons het vanmiddag weer gaan ry en probeer nou elke dag bietjie ry. Ben is vasberade om my fiks te kry. Die 22ste Feb is dit die Daily Dispatch se 100 km race - en hy wil ons inskryf want dit is 'n kwalifiseerder vir die Cape Argus 2010... My man het groot planne!

    ReplyDelete