De Villiers het vir Kersfees 'n Corn Snake gekry - dit was met my toesteming op die voorwaarde dat ek absoluut niks met die slang te doen sal he nie. Hy kon sy oe nie glo toe hy die slang sien nie; het het vreeslik gehuil! Maar ek moet se, die slang is baie minder moeite as al die ander diere saam! Die liefde wat De Villiers vir slange gehad het toe hy 4 jaar oud was, het net toegeneem - Rantoni is 'n paar maande oud en ons vriende het dit vir hom gekoop.
oh my goodness ek het nie gedink ek gaan die dag sien waar jy die slang gaan toelaat nie!!! Ek gril net om vir die fotos te kyk. kyk ek verstaan dat 'n seuntjie dalk kan hou van slang se kind maar ek kry horrietjiepiep. ons het mos destyds 'n groen mamba in die huis gehad by ben se ma-le se strandhuis. ek en marelie was omtrent 'n meter van hom af en as die hond nie geblaf het nie was hy dalk nog nader. van daai dag af het ek 'n grilling wat skrik vir niks!
ReplyDeletehierdie enetjie lyk darem onskuldig, maar sterkte hoor!!!!!!:-)ek hoop nie dis 'n groeiende belangstelling nie!