Ek was so lanklaas op die blog dat ek nie weet waar om te begin nie. My roetine was heeltemal uit die vakansie en die feit dat ons op 'n plek was waar geen selfoon-of internet opvangs was nie, het nie die saak beter gemaak nie! Die paar dae in die Grotte in die Baviaanskloof was absoluut ongelooflik. Daar is mens so totaal afgesonder van enige mensgemaakte ding (moenie eers van tegnologie praat nie) en jy voel so naby aan die Here - dit was verfrissend. Hier is 'n paar foto's:
Dankie vir die pragtige fotos!! Ek sien sommer die opwinding en plesier in DeV se glimlaggie!! Dis darem maar 'n mooi plek daai! Eks baie bly as julle die wegbreek geniet het! Mens het partymaal net nodig nodig om bietjie in 'n ander environment te wees ne?
ReplyDelete