Monday, March 2, 2009

Aloha











Vandat ons die eerste keer besluit het om na Amerika te trek, het Ben en Marelie elkeen hulle eie agendas gehad om hierheen te kom. Vir Marelie was die droom Disneyworld en vir Ben - wat anders as Hawaii!! Ons is so ongelooflik bevoorreg om nou altwee hierdie drome te vervul. Ons is al vir 3 jaar besig om te spaar vir Ben se Hawaii trip en het besluit nou is die tyd om te gaan!! Ons het die ongelooflikste special gekry op vliegkaartjies wat ons net nie kon laat verbygaan nie. So ons vertrek die 17e Maart vir 'n week na Maui. Ben en Marelie is totaal uit hulle velle uit en kan nie meer wag nie.




Vir Valentynsdag besluit ek en Marelie toe om vir Ben 'n Hawaiian aand te hou. Ons het die tafel te mooi gedek, ons swempakkies (!!) aangetrek en met ons plastiekkranse om ons nekke vir hom gewag om huis toe te kom vd werk af. Dit was 'n ongelooflike prettige aand! Ek het allerhande sosaties en doopsouse gemaak wat hulle 2 ir my gebraai het. Moenie dat die glimlagte jou flous nie - dit was omtrent 2 grade C buite!!!




Ek het 'n dvd by Walmart gekoop wat sulke fotos van Maui wys en dan sulke Hula musiek speel vir die atmosfeer. Ai dit was vet pret en ons het baie gelag.




Ons gaan maar 'n redelike budget vakansie moet hou maar dis nog steeds net te wonderlik en ongelooflik dat ons actually soontoe gaan. Met die ekonomiese klimaat hier wat nie so waffers is nie is ons maar bekommerd dat ons tydjie hier dalk kort geknip kan word so ons gaan maar oe toeknyp en op vakansie gaan.




So hier is 'n paar fotos van ons klein luau.

1 comment:

  1. Wat 'n wonderlike voorreg! Ag viendin julle gaan dit so geniet, gaan julle sommer jou vferjaarsdag ook daar vier? Jy is darem oorspronklik, weet jy? Jy kom met sulke oulike goete vorendag! So, wat is jou droom/wens terwyl julle in Amerika is?

    ReplyDelete