Ons't die jaar se verjaarsdag so bietjie anders benader as gewoonlik. Eerstens omdat geld nie vreeslik volop is nie en tweedens omdat De Villiers ook bietjie moet leer waar geld vandaan kom. Hy wil verskriklik graag 'n Wii he, maar R4500 is baie geld om te betaal vir 'n 8-jarige se geskenk. Ons besluit toe om hom 'n keuse te gee: hy kan 'n klomp maatjies nooi en 'n partytjie he wat ons niks minder as R500 sal kos nie, of ons geen hom die R500 en hy sit dit by die geld wat hy al begin spaar het (Ben "betaal" hom vir sy werk wat hy by die shop doen , hy gee ook 'n "timesheet" in aan die einde van elke week :O) vir sy Wii. Hy besluit toe om die laaste opsie te vat; ons koek klas toe gestuur Woensdag en dit was dit. Ek is so trots op hom, hy spaar elke sent, letterlik! Hy stap nie by 'n 5c-stuk verby nie, alles word gespaar! Hy't nog 'n entjie om te gaan, maar ons sal hom seker maar die laaste entjie "haak". Ek het toe maar vir hom en sy beste maatjie James, gister Leeupark toe gevat (dis wat hulle wou doen!), by die huis kom swem, DVD's gekyk, pizza en roomys en, en... Die 2 het dit verskriklik geniet en ek was ook rustig! Hier's 'n paar foto's
Die verantwoordelikheid om 'n kind groot te maak is definitief groter as groot, maar dank die Here ons hoef dit nie alleen te doen nie!
Partymaal is die beste partytjie die een met net jou beste maatjie daar! Hulle 2 lyk baie in hulle skik met hulle fees!! Ja dis maar swaar om die kinders die werklikhede te leer - ek wens ook somtyds ons kon hulle dit vir altyd spaar maar ongelukkig moet hulle maar leer.
ReplyDelete