Hierdie simpel ou fototjie het ek gister geneem toe ek Marelie by die skool gaan haal het. Dit het vroeer gesneeu (kan jy glo my eerste sneeu verjaarsdag in 41 jaar!!!) en die lig was ongelooflik skerp. Die son het so half uitgekom en op die wit sneeu weerkaats dat ons amper nie mekaar kon sien nie.
So ja eks nou nog 'n jaar ouer en hopelik darem bietjie wyser ook as 20 jaar gelede! Ek lees hierdie nou die dag in 'n advertensie in 'n tydskrif en besluit sommer dis my nuwe motto vir my 41ste lewensjaar.
Fear less, Hope more
Whine less , Breathe more
Talk less, Say more
Hate less, Love more
O ja en ek herinner Twiggy elke oggend aan hare ook - Bark less, Wag more
Nou nie dat ek weet of enige van ons twee iets hiervan gaan regkry nie, maar ons gaan try.
Ag jou dierbare ding! Dis 'n classic "on-the-spot" foto. Wat 'n ondervinding om op jou verjaarsdag sneeu te kry! Is dit veronderstel om nou nog te sneeu???
ReplyDelete