My liewe, liewe Vriendin
Ek het so gehoop ek kon vandag jou stem hoor en het jou probeer skype. Dis 'n spesiale dag vir jou en ek hoop julle 3 vier dit op 'n baie spesiale manier! Jy het in 2007 vir my 'n kaartjie gestuur met hierdie pragtige woorde en ek wil dit vandag vir jou ook gee:
How many hours have we talked away? How many nights have we been there for each other, trying to figure out the hows and whys of life...How often have we laughed so hard over things that weren't really that funny, or celebrated victories that only friends could understand the real importance of? Do you know how many times I've looked at you and thought to myself, "I'm so glad she's my friend"?... more times than you'll ever know!
Baie, baie geluk met jou verjaarsdag, Ellen. Ek hoop hierdie jaar is VOL wonderlike, heerlike, uitspattige, asemrowende, verruklike verassings en is 'n absolute stunning jaar! Ek verlang so na jou en hoop ons kan op 'n stadium weer bietjie face-to-face kuier
Ag dankie my maatjie. Ek sit op die oomblik hier voor die rekenaar en uitkyk hoe die sneeu buite val en dink aan jou. Ek kan nie vir jou sê hoe ek jou mis nie - ek het gedink dit sal beter word met tyd, maar dit word net erger!!!
ReplyDeleteEk het hierdie jaar besluit dat ek nie so befoeterd gaan wees op my verjaarsdag nie. Wat 'n wonderlike voorreg om te kan leef, ek kan nie eers al die goeie dinge in my lewe bymekaartel nie, so baie is daar en so baie dinge om oor dankbaar te wees. So hierdie verjaarsdag is ek net opreg dankbaar vir als wat ek het, en vir die wat ek liefhet, en elke goeie ding wat ek uit ons Vader se hand gekry het.
Dankie vir jou mooi wense - ek bêre dit langs my pienk spookasem in my hart, vir bietjies-bietjies eet totdat ons mekaar weer sien. (hopelik gou!!!!). Ek is lief vir jou!