
Gisteraand sit ek en Top Chef kyk op tv en vir die eerste keer sien ek toe 'n nuwe Lays Chips advertensie. Dit was net te oulik en het my onmiddelik aan jou laat dink. Dit is sulke groen balletjies (met gesiggies en armpies) wat so in hulle dorpie rondrol. Dan is daar een ou geel balletjie en hy is obviously baie ongelukkig dat hy geel is en almal rondom hom groen. Hy rol in die paint shop in en baie in sy skik kom hy ook groen uit. Maar o wee toe reen dit en daar smelt al sy groen af. So baie bek-af rol hy verder en skielik sien hy so 'n ou treurige blou balletjie sit op 'n trappie. Duidelik ook baie ongelukkig dat hy nie groen is nie. Toe hy by hom verbyrol kyk hy so terug en wraggies maak hulle 2 toe saam GROEN. Hulle slaan toe hulle armpies ommekaar en in die middel is hulle toe groen met so 'n strepie blou en geel aan die kante.
Die catch phrase is toe "it just goes better together".
Dit laat my so baie aan ons vriendskap dink. Ons het altwee ons sterk en swak punte, altwee ons eie oppe en affe en altwee ons eie kruise wat ons dra. Maar somehow " it just goes better together".
Hierdie is speiaal vir jou uit my gunsteling boek ;-) - die Bybel
Ecclesiastes 4:9 Two are better than one, because they have a good return for their work:
If one falls down, his friend can help him up. But pity the man who falls and has no one to help him up! Also if two lie down together, they will keep warm. But how can one keep warm alone? Though one may be overpowered, two can defend themselves. A cord of three strands is not quickly broken.
Dankie dat ek met jou jou lewe mag deel. Jou vriendskap is kosbaar en ek bêre dit diep in my hart. Leun op my as jy dit nodig het, ek belowe ek sal nie oordeel nie, ek sal nie sleg van jou dink nie.
Disclaimer: Ek gee nie goeie raad nie -maar ek kan goed luister. Gebruik ten alle koste jou eie oordeel oor enige raad van my kant af!!!!
Hi Jy! Ag weet jy, hierdie is so kosbaar! Ek het so 'n spesiale plekkie in my hart vir jou en ek hoop ons kan eendag langs mekaar bly as ons in die hemel kom... dan kan ons al ons kuiers opvang wat ons nou mis! Dankie dat JY JY is, die disclaimer is nie nodig nie - jy's die meeste vd tyd spot-on!
ReplyDelete