Ek was vandag kwaad vir die Here. Ons kry net nie antwoorde nie, al wat ons hoor is beloftes dat die Here sal voorsien. Maar weet jy, dis nie lekker om so te wag nie! Ekvra vandag vir die Here of ons dan te veel vra? Is dit te veel gevra dat ons net uit die skuld wil kom om weer makliker te kan asemhaal? Ek kan mos nie glo dat dit in die Here se wil kan wees dat ons moet sukkel en mismoedig wees nie? Dit kan mos nie die beeld wees wat ons as Sy kinders moet uitdra nie? Op hierdie stadium is dit baie moeilik om opgewek en altyd vrolik te wees. En dan se Fil 4:4 ons moet altyd bly wees! Ek kan nie!!! Ek weet ons moet ons seeninge tel en al die wonderlike goete waaroor ek so maklik kan preek vir ander, maar die Here alleen weet, dis nie maklik nie! Daar is 'n opstandigheid in my, wat ek weet, net die Here kan weg vat!
'Skuus vir al die kla en kerm en uitroeptekens, maar ek weet jy sal verstaan... en die SON sal weer skyn :O)
Weet jy hoe waardeer ek jou!! Ek weet jy is in 'n situasie waarin jy en Ben getoets word tot julle uiterste maar weet jy watse impak jou getuienis op mense om jou reeds het en ook gaan hê in die toekoms! Net vir my wat buite jou moeilike omstandighede staan en inkyk van buite sien ek alreeds die groei en verandering in jou karakter en verhouding met die Here en daardeur versterk jy weer vir my en bemoedig my!! Hou moed my maaikie, julle gaan hierdeur kom. Ek is so bly jy share met my jou frustrasie en "kwaad" en nie net die "mooi en inspirerende stories" nie. Ons is saam in hierdie wêreld en ons is maar net mense. En so gelukkig om mense te hê wat vir ons lief is net soos ons is. warts and all.......
ReplyDeleteAg Jy! Ek verlang so na jou, wens ons ons kon saam gaan koffie drink, al is dit J&J se canteen-koffie! Dankie dat jy my so goed ken en verstaan!!!
ReplyDelete