Thursday, February 12, 2009

Woestyn-Wiskunde


Net as mens dink dat jy nou alles verstaan en besluit het om party goete nie te probeer verstaan nie, dan beland die storie in jou in-box:

Wiskunde in die Woestyn
Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Isrealiete. In die woestyn moes die Isrealiete kos kry en hoe voed jy 3.5 miljoen mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad. 'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn. 4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
Wat van water? Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net 'n paar putte in die woestyn. Hoe het hulle genoeg water gekry?
Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag! As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou diet 35 dae en nagte neem om deur te gaan.
So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon loop om in een nag deur te loop.
Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word. 'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.
Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles.

Kom, skep moed, ons het dieselfde God! Ons dink ons probleme is so groot. Onthou wat God kan doen! Sluit aan by God se span en plaas jou probleme in sy Hande. Laat Hy jou lewe beheer en Hy sal vir jou sorg. Vertou God en sy Seun Jesus Christus. Die uiteinde van sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige lewe. Jesus is 'n geskenk en Hy moet ingenooi word in jou lewe as Here, as jy die seƫninge van ons Groot God in jou lewe wil ervaar.

Nou ja, wie is ek, Anna-Marie Smit nou, om die Here se beloftes te bevraagteken? As Hy gese het hy sal ons help, dan SAL Hy! Ek wens net ek weet wanneer???

1 comment:

  1. Hierdie is een van daai dinge wat "boggles the mind" ne? Defnitief bo ons begripsvermoƫ en verseker 'n wonderwerk. Ek bid vir julle wonderwerk.

    ReplyDelete