Thursday, February 26, 2009

Braambessies




Laasnag het dit so bietjie gesneeu en toe ons vanoggend opstaan skyn die son. Als skitter en is te pragtig en ek en Twiggy het toe gaan stap op die Indian Creek Trail hier agter ons huis. Ek wens ek kon met die kamera weergee hoe pragtig dit als lyk met die sneeu wat net so bietjie bietjies begin smelt.


Op 'n stadium stap ek toe by so 'n plaat braambessiebosse verby en verkyk my aan die sneeu wat kompleet lyk soos glitter op die takkies. Die gedagte kom toe by my op - deurdring my Here - partymaal voel ek asof ons lewens soos daardie takkies lyk. Pragtig glinsterend bo-op maar wanneer daardie lagie smelt is daar maar baie dooie takkies en vrot kolle daaronder. Maar ek weet ons stap 'n paadjie na heiligmaking en toe ek by die huis kom en my stilteyd hou lees ek hierdie:


Col 2:10-12


For in Christ all the fullness of the Deity lives in bodily form, and you have been given fullness in Christ, who is the head over every power and authority.
In Him you were also circumcised, in putting off the sinful nature, not with a circumcision done by the hands of men but with the circumcision done by Christ, having been buried with him through your faith in the power of God, who raised him from the dead.

Ek hoop dit gaan goed by jou - ek voel ek moet hierdie vir jou gee vandag. Gaan lees 1 Peter 1:6 - 9 asb. Ek wil dit vir jou bid vandag en vra vir inexpressable joy ten spyte van die omstandighede.




Al my liefde




1 comment:

  1. Dankie Vriendin, hierdie is "spot-on". Ek dink dis juis die feit dat wanneer die lagie af is, mens so "exposed" voe. Maar dit is die tyd wanneer God met mens kan werk sodat die suiwer goud nog meer suiwer kan word. Dis nie altyd gemaklik en lekker nie en dis moeilik om "joy" te he, maar met God se krag en liefde, is alles moontlik.

    ReplyDelete