Hierdie was nou sommer my klein brag namens ou Marelietjie. Eintlik brag ek nie regtig oor haar prestasie nie maar wil ek sê dat Die Here so goed is vir ons. Ons "brag" eintlik oor Sy voorsiening vir wat ons nodig het.
Ek het dit al so baie gesê maar ek dink nie iemand wat nie in ons skoene was sal ooit kon verstaan hoe enorm die aanpassing hier was nie.
Daar was in elke klas 'n spel kompetisie van graad 1 to by graad 8. Die top twee kinders dring dan deur na die District spelling bee wat in Portland gehou word. Wel Marelie wen toe in haar klas en ons moet toe afsak Portland toe. Hoe die spelling bee werk is dat die kinders lyste kry van die woorde wat hulle moontlik gevra mag word. Eish maar dis VREK moeilike woorde - omtrent 75% ken ek of glad nie die woord nie of is ek ook nie seker van hoe dit gespel word nie! En ek is nogal 'n goeie speller........ Maar anyway so ons kry toe die lys - seker so 600 woorde en omtrent 'n week om dit te leer. Nou sussie is toe skoon moedeloos want hierdie is nou nog ekstra op al die ander huiswerk en hordes ander aktiwiteite wat sy ook nog het. So ons leer toe die woorde (ek kan nou almal mooi spel) maar sussie se moed loop laag. Ek hou maar net aan sê "dis 'n geleentheid en 'n opwindende ding om voor dankbaar te wees. En al wat ons verwag is dat sy haar bes moet doen soos vir die Here.
Die dag vd bee is toe 'n goeie grap want Ben is toe die senuagtigste van ons al drie. Dit was 'n goeie grap! Die hele experience is maar baie intimiderend. Die wenners van omtrent 12 ander privaatskole was ook daar en die standaard baie hoog. Daar is 'n paneel van 5 judges en vreeslik baie reels en regulasies. Jy moet hardop spel en mag nie die woord neerskryf nie - dis als uit jou kop uit. Meeste vd tyd raak ek so deurmekaar met waar ek trek dat ek skoon verkeerd gaan.
Wel sy het ons verstom. Sy was deur tot op die laaste 4 kinders - sy het die eerste woord in die finale ronde gekry en het toe "palindrome" verkeerd gespel met 2 ll'e. Sy het toe 'n 4de plek gekry. Sy was absoluut in ekstase - weer 'n les vir my (as dit ek was sou ek myself genadeloos gekasty het vir weke omdat ek 'n fout gemaak het). Maar sy was so in haar skik en tevrede. Maar hierdie is nie eintlik die grootste prestasie nie - toe ons later die middag weer by die huis is kom staan sy so stilletjies by my in die kombuis en sê "Weet jy Mamma ek dink ek gaan dit maak hier. " Ek vra toe hoekom sê sy dit want sy weet mos sy gaan dit maak! "Omdat die Here getrou is en Hy sal my altyd help omdat ek sy kind is" kom die antwoord toe. Sy was so uit haar comfort zone en haar toevlug was in haar hart na die Here en sy het defnitief Sy nabyheid in haar gevoel.
So dis vandag my brag - ons Here is getrou en Hy is vir ons lief want ons is Sy kinders. Al kom ons nie altyd eerste nie, is die wete dat Hy altyd daar is oneindig kosbaar. Die beste eerste plek ooit is reg by Sy voete.
Die ander seuntjie by haar is een vd graad 6'e wat ook 'n derde plek gekry het in sy kategorie. Van die 16 kinders wat Horizon gestuur het het net hulle 2 geplace.
Luister, hierdie is sommer net so 'n "achievement" nie, dit is absoluut fantasties! Om te dink, sy is afrikaanssprekend en in 'n vreemde land! Ek is so trots op haar - BAIE GELUK MARELIE!!!
ReplyDelete