Tuesday, February 10, 2009

Die brullende leeu


Vanoggend het ek nie 'n slimstorie of 'n mooi iets vd internet nie so vergewe my maar as ek sommer net 'n deurmekaarspul gorrel.

Ek besef net gister weer dat Satan so listig is - hy weet net hoe om ons op te trip. Hy gebruik situasies waar ons swak punte in ons karakter het om ons in uit te buit. Ek dink ook hoe meer ons na God soek hoe harder word sy aanslae en pogings. Ek vertel jou sommer 'n storie van wat gister met my gebeur het. Gister was nie 'n goeie dag vir my nie.Nie net oor die storie wat ek jou nou vertel nie maar dit was een vd dinge vd dag. Om een of ander rede in my diepste wese ly ek aan 'n verwerpings vrees. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, ek soek nog na die wortel daarvan maar dis 'n ander journey waarmee ek oppad is saam met God.

Hier in my straat woon 'n hele paar vrouens wat saam in ons kerk is. Ek ken hulle maar net so van sien en waai op 'n afstand. Ek sien toe in die kerk koerantjie dat hulle 'n klein vroue groepie gestig het vir 'n bybelstudie en besluit toe om te vra of ek ook mag kom. Nou vir my om te vra of ek mag deel wees van iets is al klaar moeilik (ek sukkel maar met die pride ding jong). Maar ek bel toe die vrou Sondag en kry haar nie in die hande nie maar los 'n boodskap op haar sel en vra dat sy terugbel. Niemand bel toe nie, en gisteroggend kyk ek deur my kombuisvenster en sien al die karre en vrouens. Onmiddelik kom al daai gedagtes en vrese van "wil hulle my nie daar gehad het nie" , "dalk hou hulle nie van my nie", "dalk het ek iets verkeerds gesĂȘ" en so voorts. En ek sak af in 'n mismoedigheid. As ek moet eerlik wees met jou - ek kry nogal swaar hier in terme van vriendinne. Ek het nie iemand wat werklik 'n vriendin in die ware sin vd woord is nie en is baie eensaam. So hierdie was so 'n goeie geleentheid om ander vrouens te ontmoet. Ek huil toe sommer en gaan sit met my Bybel so op 'n hopie. Toe kom die gedagte by my op dat ek besig is om Satan 'n vasstrapplek te gee - hier sit ek myself en bejammer, ek is 'n mess, ek is nie tot voordeel van Ben of Marelie nie of enige iemand anders nie. Plaas kom sit ek en skryf vir jou 'n inspirerende boodskappie of enige iets maar nee ek sit en pink 'n traantjie en voel hopeloos.

Om 'n lang storie kort te maak hierdie was die versie wat my toe weer moed gee wat my Vader toe vir my gee:

Ps 30:8 To You o Lord, I called; to the Lord I cried for mercy: What gain is there in my destruction, in my going down into the pit? Will the dust praise You? Will it proclaim your faithfullness? Hear O Lord and be merciful to me; O Lord be my help. You turned my wailing into dancing you removed my sack cloth and clothed me with joy, that my heart may sing to You and not be silent. O Lord my God, I will give you thanks forever.


Die vrou het my toe gisteraand gebel en sy was so nice en het my baie hartlik uitgenooi om te kom. Sy was siek en kon my nie terugbel Sondag nie.

1 comment:

  1. Ai my liewe Vriendin, ek wens ek was by jou om jou net 'n ou drukkie te gee!!! Ek verstaan wat jy vir my se, meer as wat jy ooit sal weet. Maar moenie dat Satan jou al die goed vertel nie. Die feit dat jy besef dat dit hy is wat op jou case is, is al klaar 'n oorwinning! Ek is vir jou baaie lief, hoor jy?!

    ReplyDelete