Tuesday, September 30, 2008

Twin Tunnels hike


Ben was vandag af en daar was absoluut geen wind vir hom mee te seil nie. Ons besluit toe om te gaan hike by Twin tunnels hier in die dorp. Dit is 'n redelike steil klim na bo maar wanneer mens bo kom is dit die ongelooflikste uitsig oor die hele gorge en columbia rivier. Toe ons so amper bo is het ek hierdie foto geneem. Die rots was net vir my so mooi met die rivier wat agter net so uitloer. Heerlike oggend....

Die Kleurmannetjie







Ek stuur vanoggend vir 'n baie verveelde De Villiers uit met my selfoon om in Oupa se tuin te gaan foto's neem; hy kom toe baie opgewonde ingehardloop om my van die kleurmannetjie te vertel wat hy in die Oom hier langsaan se boom gesien het - ongelukkig het hy nie die fokus lekker gehad nie, maar dis die idee wat tel. Terwyl hy buite was, lees ek in die nuwe Sarie die stukkie: Vreugde is vrede wat dans; Vrede is vreugde wat rus. Ek mis soms die spontane kinder-vreugde wat mens as kind gehad het; eintlik mis mens uit op so baie wonderlike belewenisse, net omdat ons nou groot is! Die ander foto's is ook van Oupa se blomme

Monday, September 29, 2008

Koffie en parafernalia


Kyk as ek nou een ou verslawinkie het (!!) dan is dit vir die koffieboon. Hier is al my goodies waarmee ek my ou giffie mee nurse. Ons het nou die dag na Worldmarket gegaan - dis so 'n import store en daar is tot Mrs Balls en ander produkte van SA. Ons het hierdie makulu sak koffiebone gekoop vir 'n baie bilike prys. Lekkkkeerrrr.

Ai ek sou my linker voortand gee om nou saam met jou so by 'n ou koffietjie te sit en chat!!!!

Sunday, September 28, 2008

A thing of Beauty


My liefste Ma is vandag al vir 8 mens-jare in die hemel. Ons kuier bietjie by die skones hier in George en hierdie pragtige roos was in my kamer en het my onwillekeurig aan my Ma laat dink - vir haar was daar niks mooier as 'n mooi roos nie; en haar se-ding "A thing of Beauty is a Joy forever" sal my altyd bybly. My Ma was vir my "A thing of Beauty" en al sy nie meer hier op aarde nie, sal my gedagtes aan haar "A Joy forever" wees!

Weakness


Vanoggend lees ek hierdie.

2 Cor 12: 9,10

"My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness." That is why, for Christ's sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong.


Saturday, September 27, 2008

Mt Hood




Vanoggend stap ek uit my voorstoep om te sien of dit gaan reen en toe skyn die son reg op die puntjie van Mt Hood wat uitsteek. Te pragtig. Hulle voorspel mooiweer vir vandag maar die wolke lyk maar nog dreigend. Ek en Marelie is alweer oppad sokker toe. Hoop die reen bly weg vir die vlge 2 ure


Friday, September 26, 2008

Life and rain


Ek lees vanoggend die onderaan iemand se email en dog dis nogal waar.

Life is not about waiting for the storm to pass

It's about learning to dance in the rain

Hierdie is een van my laaste kosmos blommetjies

Klassiek na 19+jaar

Kan jy glo? Na amper 20 jaar saam (ons is Dinsdag 19 jaar getroud), begin Ben nou snork - jy moet hierna luister - dis scary om so wakker te word! Ek bly maar hoop dit het iets te doen met die feit dat die man nie gesond is nie. Hy was gister by die dokter na amper 10 dae van Mypradol - hy het blykbaar 'n tipiese, klassieke griep. Die seerlyf, die seerkeel, die koors, die sweet, die werke! Ek weet net nie of die snork deel is van die classic nie, maar kan nie wag om uit te vind nie... Luister hierna. Dis 'n minuut lank, jy hoef nie na al's te luister nie...

Thursday, September 25, 2008

Die Herfsboom



Ek is so verskriklik trots op my kind - hy het 'n silwer toekenning gekry vir sy "Herfsboom". Net 10 toekennnings per graad (van 1 tot 7) is toegeken en ek dink hierdie is die mooiste boom wat nog ooit geskilder is!

Herfs




Hier is dit tradisioneel om gedurende die herfs 'n krans op jou voordeur te hang. Ek het gister myne gemaak - miskien 'n bietjie te bright kleure maar eks nou nie heeltemal tradisioneel nie! Eks mal oor die voordeur versierings vd Amerikaners. Almal se stoepies is so mooi versier. Dit is nou appel en peer tyd hier vir die boere en die bome hang tot oorlopens toe vol. Een van die dae sal die groot pampoene weer beskikbaar wees en dan sal ek pampoene by die voordeur ook bysit. Ek sal dan die appels in die krans vervang met plestiek pampoentjies.

Wednesday, September 24, 2008

Amber se muisnes




Ek het gister vir Lizbe se dogtertjie 'n muis cupcake nes gemaak. Ek het die patroon gesien in 'n tydskrif en gedink dis net te oulik. Dit was egter 'n vreeslike job wat 2.5 dae geneem het. Die muisies is klein omtrent 5cm (die kleintjies) en so 10cm die pa en ma muis. Ek gaan vir haar pos - hoop maar sy hou daarvan. Marelie gooi net allerhande skimpe dat sy dit sal hou!!

Tuesday, September 23, 2008

Yesterday, Today and Tomorrow


Hierdie blommetjie se naam in Afrikaans is "Verbleikblom", maar sy engelse naam, Yesterday, Today and Tomorrow maak soveel meer sin. In die middel van al die chaos in SA se politiek met Zuma en Mbeki, voel dit soms of dinge so bietjie uitmekaar val. Maar die afgelope paar dae kry ons soveel versekering dat God in beheer is, maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie. Rick Warren het onlangs in 'n interview gese, hy het altyd geglo dat mens se lewe 'n siklus van bergtoppe en valleie is, die een dag gaan dit goed en die volgende dag gaan dit nie so goed nie. Maar nadat hy binne een jaar baie ryk geword en terselfdetyd is sy vrou met kanker gediagnoseer, glo hy dat ons lewe tussen 2 "rails" - goed en minder goed is altyd deel van mens se lewe. Soos hierdie plant is daar gister se (verbleikte) wit blommetjie, vandag se welriekende pers blommetjies en more se blommetjie wat nog steeds toe is - alles op een plant! Ons moet net altyd besef dat God in beheer is, maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie Jes 46:4-13! By the way, ons glo dat dit wat nou gebeur in ons politiek, alles deel van God se plan is om dinge in SA uit te sorteer - weet nie hoe nie, maar dit is gelukkig God se probleem, of hoe?

Pampoene







Laas jaar het ek 3 massive pampoene gekoop om by my voordeur te sit en toe hulle tyd verby is, sĂȘ Ben ek moet hulle nie weggooi nie hy gaan hulle op ons klein komposhoop gooi. Wel hierdie jaar het ek 'n GROOT pampoenplant!!! Hy dra nou die dierbaarste klein pampoentjies. Ek gaan hulle los en kyk hoe groot hulle word. Hulle voorsate was bielies so dit sal interresant wees om te sien wat hulle size is. Vandag is 'n absoluut pragtig dag. Die son skyn en die lug is so crisp. Bietjie koel maar nie te erg nie.

Monday, September 22, 2008

Winterhoekie


Na aanleiding van my sonhoekie gister dog ek ek wys jou my winter sitplekkie. In die oggende kom die son presies ingeskyn op daai stoel en sit ek en Twiggy baie graag daar. As jy dit net reg time is jou gesig in die skadu en jou voete lekker in die volson. Twiggy sit altyd op die voetstoeltjie gedeelte. Baie ure saam met my Bybel en 'n koppie koffie al daar deurgebring.

Sunday, September 21, 2008

Hoekie in my tuin




Hier is my stoel waar ek dikwels sit en lees as die sonnetjie uit is. Nie vandag nie - reenwolke en koue wind. Die kosmos het heel mal gegaan en is besig om so groot te word.

Saturday, September 20, 2008

Sondag "flat" ontbyt


Ben het laasnag koors gehad; Tammy het geblaf vir... absoluut niks; De Villiers het op 'n stadium warm gekry (en my wakker gemaak) - so, vanoggend se ontbyt lyk soos wat ek voel... flat! Veronderstel om lekker "grilled" kaas chiabatta broodjies te wees, maar dit lyk nie so nie. Ek is veronderstel om vanoggend op en wakker te wees, maar ek lyk nie so nie. Terug in die bed, langs my siek man - g'n mens weet waar die virus met koors en seer lyf vandaan kom nie... Mypradol doen gelukkig die ding!

Sokker




Dis koud, dis vroeg, en die wind waai - nie een 'n baie lekker vooruitsig vir sokkerkyk nie!

Friday, September 19, 2008

Not a pretty picture

So het ek en De Villiers 0500 vanoggend gelyk toe Ben werk toe is! Hy kyk High School Musical 2 en ek haal emails uit. Die video is eers 7 uur geneem - ons het maande laas reen gehad en dit is nogal a novelty! Hulle voorspel net 15 vir ons vandag - ek het sommer kom terug klim in die bed.

Sonsopkoms


Ek het die foto al in Julie geneem, 7 uur op die 7de van die 7de - die prentjie het my ingewag toe ek by die werk kom! God is die grootste kunstenaar nog!

Vroegoggend Dedication


Ps 5:3

In the morning O Lord, you hear my voice; in the morning I lay my requests before you and wait in expectation.