Hierdie blommetjie se naam in Afrikaans is "Verbleikblom", maar sy engelse naam, Yesterday, Today and Tomorrow maak soveel meer sin. In die middel van al die chaos in SA se politiek met Zuma en Mbeki, voel dit soms of dinge so bietjie uitmekaar val. Maar die afgelope paar dae kry ons soveel versekering dat God in beheer is, maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie. Rick Warren het onlangs in 'n interview gese, hy het altyd geglo dat mens se lewe 'n siklus van bergtoppe en valleie is, die een dag gaan dit goed en die volgende dag gaan dit nie so goed nie. Maar nadat hy binne een jaar baie ryk geword en terselfdetyd is sy vrou met kanker gediagnoseer, glo hy dat ons lewe tussen 2 "rails" - goed en minder goed is altyd deel van mens se lewe. Soos hierdie plant is daar gister se (verbleikte) wit blommetjie, vandag se welriekende pers blommetjies en more se blommetjie wat nog steeds toe is - alles op een plant! Ons moet net altyd besef dat God in beheer is, maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie Jes 46:4-13! By the way, ons glo dat dit wat nou gebeur in ons politiek, alles deel van God se plan is om dinge in SA uit te sorteer - weet nie hoe nie, maar dit is gelukkig God se probleem, of hoe?
Weet jy dit was een van my ma se gunsteling blomme. Ons het 'n reuse bos voor ons huis gehad. Is hierdie een in jou tuin?
ReplyDeleteJong mens kyk maar na al die dinge rondom ons en dan knak 'n mens se kniee. Ons moet maar net aanhou opkyk en nie rondkyk nie. Elke dag besef ek net meer en meer dat as dit nie was dat ek geglo het dat daar vir ons 'n beter toekoms wag nie ek nie weet of ek sou kon aanhou met al die aanslae en terugslae wat daar is nie. Ek bid vanoggend vir jou en jou twee manne se veiligheid en vir rusigheid.