Tuesday, September 30, 2008

Die Kleurmannetjie







Ek stuur vanoggend vir 'n baie verveelde De Villiers uit met my selfoon om in Oupa se tuin te gaan foto's neem; hy kom toe baie opgewonde ingehardloop om my van die kleurmannetjie te vertel wat hy in die Oom hier langsaan se boom gesien het - ongelukkig het hy nie die fokus lekker gehad nie, maar dis die idee wat tel. Terwyl hy buite was, lees ek in die nuwe Sarie die stukkie: Vreugde is vrede wat dans; Vrede is vreugde wat rus. Ek mis soms die spontane kinder-vreugde wat mens as kind gehad het; eintlik mis mens uit op so baie wonderlike belewenisse, net omdat ons nou groot is! Die ander foto's is ook van Oupa se blomme

2 comments:

  1. Ek dink hy het baie goed gedoen om so 'n mooi foto vd kleurmannetjie te kry!
    Stuur bietjie 'n foto vd skonies ook. Geniet julle kuier!

    ReplyDelete
  2. Ek sal vir jou foto's in 'n email stuur - ek het nie iets van hulle geneem terwyl ons nou by hulle gekuier het nie.

    ReplyDelete