
Ben het laasnag koors gehad; Tammy het geblaf vir... absoluut niks; De Villiers het op 'n stadium warm gekry (en my wakker gemaak) - so, vanoggend se ontbyt lyk soos wat ek voel... flat! Veronderstel om lekker "grilled" kaas chiabatta broodjies te wees, maar dit lyk nie so nie. Ek is veronderstel om vanoggend op en wakker te wees, maar ek lyk nie so nie. Terug in die bed, langs my siek man - g'n mens weet waar die virus met koors en seer lyf vandaan kom nie... Mypradol doen gelukkig die ding!
lyk vir my heel lekker! ek gaan netnou my pic neem - dis nog stikdonker hier by my.
ReplyDelete