Friday, September 26, 2008

Klassiek na 19+jaar

Kan jy glo? Na amper 20 jaar saam (ons is Dinsdag 19 jaar getroud), begin Ben nou snork - jy moet hierna luister - dis scary om so wakker te word! Ek bly maar hoop dit het iets te doen met die feit dat die man nie gesond is nie. Hy was gister by die dokter na amper 10 dae van Mypradol - hy het blykbaar 'n tipiese, klassieke griep. Die seerlyf, die seerkeel, die koors, die sweet, die werke! Ek weet net nie of die snork deel is van die classic nie, maar kan nie wag om uit te vind nie... Luister hierna. Dis 'n minuut lank, jy hoef nie na al's te luister nie...

2 comments:

  1. ag siestog hys seker maar net siek!! toe maar ek het 'n man wat kan kompeteer. my ben snork dat ek skoon wakker skrik. hy stry natuurlik dat hy enigsins snork - dis nou 'n goeie plan om die evidence te verfilm.

    ReplyDelete
  2. baie geluk met julle anniversary. skuus man ek het heeltemal daarvan vergeet. hoop julle is net so gelukkig saam vir die vlge 50jaar!

    ReplyDelete