My liefste Ma is vandag al vir 8 mens-jare in die hemel. Ons kuier bietjie by die skones hier in George en hierdie pragtige roos was in my kamer en het my onwillekeurig aan my Ma laat dink - vir haar was daar niks mooier as 'n mooi roos nie; en haar se-ding "A thing of Beauty is a Joy forever" sal my altyd bybly. My Ma was vir my "A thing of Beauty" en al sy nie meer hier op aarde nie, sal my gedagtes aan haar "A Joy forever" wees!
Ja dis ongelooflik hoe die tyd verby gaan. My ma is in 1999 oorlede en steeds is daar so baie dinge wat my aan haar herrinner. Ons is so gelukkig om sulke wonderlike ma's te gehad het.
ReplyDelete