Laas jaar het ek 3 massive pampoene gekoop om by my voordeur te sit en toe hulle tyd verby is, sê Ben ek moet hulle nie weggooi nie hy gaan hulle op ons klein komposhoop gooi. Wel hierdie jaar het ek 'n GROOT pampoenplant!!! Hy dra nou die dierbaarste klein pampoentjies. Ek gaan hulle los en kyk hoe groot hulle word. Hulle voorsate was bielies so dit sal interresant wees om te sien wat hulle size is. Vandag is 'n absoluut pragtig dag. Die son skyn en die lug is so crisp. Bietjie koel maar nie te erg nie.
Hier is beloftes van groot dinge wat gaan kom! Jy sal my op datum moet hou met die vordering...
ReplyDelete