
Tuesday, March 10, 2009
Reflections on a birthday

Monday, March 9, 2009
Jou verjaarsdag

Sunday, March 8, 2009
Friday, March 6, 2009
BEDANKING...as Volwassene

Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige te aanvaar. Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kan die goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies.Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was, jou kennis beperk was tot kleure, maal en deel tafels en Siembamba. Dit het jou nie getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what ! Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worry soos vrypuisies byvoorbeeld.Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek wil weer glo dat enigiets moontlik is. Ek wil salig onbewus wees van die kompleksiteite van die lewe en weer opgewonde raak oor die klein goedjies in die lewe soos gekleurde popcorn.Ek wil weer eenvoudig lewe. Ek soek nie dae wat bestaan uit computers wat crash nie, berge papierwerk, nuus wat depress nie , hoe om meer dae in die maand te hanteer as wat daar geld in die bank is nie, doktersrekeninge, skinder, siektes, en die verlies van geliefdes.Ek wil weer glo in die krag van 'n glimlag, drukkies, 'n vriendelike woord, die Waarheid soos wat dit in die Begin bedoel was, regverdigheid, vrede, drome, die verbeelding, die mens sonder sy maskers en skuins motiewe, en sommer net modderkoekies bak.So . .. hier is my tjekboek en my motorsleutels, my krediet kaartrekeninge en sommer die hele kaboedel wat soos grootmens lyk.Ek bedank offisiëel as volwassene.As jy hierdie saak nog verder wil uitpluis of wat ook al jou intensie is, moet jy my eers inhol, want..." Touch! Jy kan my nie vaaaang nie!! "Kom ons word weer soos kinders want dis tog aan hulle wat die Koninkryk behoort, Die eenvoudige dinge in die lewe is baie keer die kosbaarhede wat ons op ons oudag sal onthou.'n Lekker druk van my af .Ek hoop jy val langs my in !
"Life is a succession of lessons which must be lived to be understood" (Helen Keller)
Thursday, March 5, 2009
Die sisterhood

Pienk Spookasem


Tuesday, March 3, 2009
Ons hoef nie Sout te adverteer nie!
Ek lees vandag die dagstukkie: Monday, March 2, 2009
Aloha




Sunday, March 1, 2009
DeV se Verjaarsdag
Die verantwoordelikheid om 'n kind groot te maak is definitief groter as groot, maar dank die Here ons hoef dit nie alleen te doen nie!

Friday, February 27, 2009
Om dapper te leef

Thursday, February 26, 2009
Braambessies


Monday, February 23, 2009
Die spelling bee


Friday, February 20, 2009
Different Vessels for Different Uses

Thursday, February 19, 2009
Gonubie se See


Thursday, February 12, 2009
Better together

Woestyn-Wiskunde

Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Isrealiete. In die woestyn moes die Isrealiete kos kry en hoe voed jy 3.5 miljoen mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad. 'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn. 4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
Wat van water? Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net 'n paar putte in die woestyn. Hoe het hulle genoeg water gekry?
Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag! As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou diet 35 dae en nagte neem om deur te gaan.
So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon loop om in een nag deur te loop.
Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word. 'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.
Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles.
Kom, skep moed, ons het dieselfde God! Ons dink ons probleme is so groot. Onthou wat God kan doen! Sluit aan by God se span en plaas jou probleme in sy Hande. Laat Hy jou lewe beheer en Hy sal vir jou sorg. Vertou God en sy Seun Jesus Christus. Die uiteinde van sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige lewe. Jesus is 'n geskenk en Hy moet ingenooi word in jou lewe as Here, as jy die seëninge van ons Groot God in jou lewe wil ervaar.
Wednesday, February 11, 2009
Die SON-neblom
So gepraat van seeninge tel, is hierdie nie pragtig nie? Popeye se saadjies waaroor ek so kla en kerm omdat dit orals mors, het hierdie mooie blom opgelewer!Die plant staan al hoer as ek!Ek was vandag kwaad vir die Here. Ons kry net nie antwoorde nie, al wat ons hoor is beloftes dat die Here sal voorsien. Maar weet jy, dis nie lekker om so te wag nie! Ekvra vandag vir die Here of ons dan te veel vra? Is dit te veel gevra dat ons net uit die skuld wil kom om weer makliker te kan asemhaal? Ek kan mos nie glo dat dit in die Here se wil kan wees dat ons moet sukkel en mismoedig wees nie? Dit kan mos nie die beeld wees wat ons as Sy kinders moet uitdra nie? Op hierdie stadium is dit baie moeilik om opgewek en altyd vrolik te wees. En dan se Fil 4:4 ons moet altyd bly wees! Ek kan nie!!! Ek weet ons moet ons seeninge tel en al die wonderlike goete waaroor ek so maklik kan preek vir ander, maar die Here alleen weet, dis nie maklik nie! Daar is 'n opstandigheid in my, wat ek weet, net die Here kan weg vat!
'Skuus vir al die kla en kerm en uitroeptekens, maar ek weet jy sal verstaan... en die SON sal weer skyn :O)
What have you done for me lately, God?

Tuesday, February 10, 2009
Die brullende leeu


