Friday, November 28, 2008

Met Hart & Siel


Ek kry vandag die in 'n email... dit is so waar!

Thursday, November 27, 2008

Veertien jaar gelede

Dit was most gister julle troudag-herdenking! Gelukkig was hierdie video nie by julle troue geneem nie... Mag julle nog baie gelukkige jare saam wees - Baie Geluk!

Wednesday, November 26, 2008

Ben 40


Ja nee die wiel draai ne! Na 7 maande waarin ek moes luister hoe Ben vir my vertel hoe ek al 40 is maar hy is gelukkig nog in sy thirties, het sy oomblik toe aangebreek.

Ek en Marelie het chocolate koek gebak (sien plat koek op foto) en 'n groot rooi hart (wat mens nie kan sien nie) met 'n 40 daarin bo-op versier.

Het jy die funny wonky kersies gesien? Ek het gedink hulle is heel oulik totdat al hulle was afgedrup het nadat ons dit aangesteek het.

Prysuitdeling


De Villiers-hulle het gister prysuitdeling by die skool gehad. Nie maklik om hom op die afstand te sien nie, maar hy is 2de van regs af. Dit is tog so belangrik vir hom om te weet een

van ons sit erens in die saal!

Monday, November 24, 2008

Drome van Kersfees




Ek het gister die Kersboom versier (kan mens glo dit is alweer sukke tyd!). De Villiers kom toe op die takbok-speelding af en toe ek vanaand gaan om hom nag te sê, kom ek op die prentjie af...

Dankbaarheid


Dit is mos hierdie week Thanksgiving hier in die States en dis een van my gunsteling vakansiedae vandat ons hier is. Hierdie is 'n devotion wat ek gekry het wat ons elke dag na moet streef en waarvan ek defnitief meer in my lewe wil hê.


Give thanks in all circumstances, for this is God's will for you in Christ Jesus.”
1 Thessalonians 5:18 (NIV)


The researchers found that grateful people report higher levels of positive emotions, more satisfaction with life, and more vitality and optimism. All good qualities I want more of in my life. They also found grateful people show lower levels of depression and stress - two things I’d like to experience less in my life.
Finally, the research showed that people who daily count their blessings report higher levels of alertness, enthusiasm, determination, and energy. Wow, the benefits of being grateful are remarkable and many! I guess that shouldn’t surprise me after considering today’s key verse. The Bible urges us to give thanks … all the time … in every situation … because this practice is the will of God.
Let me be clear, there are terrible things that happen to us that may not be the will of God, but us praising God and giving thanks in spite of them certainly is the will of God. As Christians, we can always find reason to give thanks – thanks for the salvation of Christ, the nearness of God, and the counsel of His Spirit for starters. The psalmist declared, “I will give thanks to the LORD because of his righteousness and will sing praise to the name of the LORD Most High” (Psalm 7:17, NIV). We can do that too.
Christian poet John Milton once wrote about every grey cloud having a silver lining. Purposing to give thanks, no matter the weather, will train us to look for it. Continuing in this manner day after day ensures that gratefulness will become our normal mode of operation.
No wonder those researchers found that people regularly counting their blessings grow happier, healthier, and more optimistic. After all, that research wasn’t discovering anything new, but rather confirming the will and wisdom of God. God already knows how great it is for us to be grateful. Now “science” does too.
By gebrek aan enigsins 'n beter foto kry jy vanoggend een van my bakkies! Marelie het nou die aand een geneem wat ek wou gebruik vir my on line store.
Daar is so baie dinge in ons lewens om voor dankbaar te wees!!!!

Friday, November 21, 2008

Never Give Up


Ek lees vandag die Quote: Never give up, for that is just the place and time that the tide will turn. – Harriet Beecher Stowe

Thursday, November 20, 2008

Mooi




Vandag het begin toe ek vir Marelie skool toe stap. Sy en Ben loop gewoonlik in die oggende sonder my want eks gewoonlik nog in pj's tot 9 uur!! Nou nie dat dit 'n verskriklike stappie is nie - seker 500m soontoe en terug maar ek gun daardie oomblikkie alleen saam met haar pa en dis gewoonlik die tyd wat hulle 2 gesels oor goedjies. Anyway om terug te kom, Ben werk in Pendleton vir 2 dae so vanoggend is ek toe opgekommandeer vir die stappie (eintlik deur Twiggy se beskuldigende ogies meer as Marelie). O maar hoe pragtig!! Toe ons buite kom hol ek net daar en dan terug om die kamera te gryp. Sulke regte fluffy pienk wolke met die sonnetjie wat so netnet deur kom. Ek en Marelietjie (toe al goed laat) het ons verkyk al die pad skool toe. Dit was vir letterlik omtrent 5 minute en toe is dit weg. Gewone grys lug met sulke donker wolkies. Ai maar dit was mooi - miskien moet ek meer oggende vroeer uit die huis kom!! Ek en Twiggy het toe so om die blok gestap en op die ou end papnat gereen!!


Toe ek by die huis kom moes ek net eers vir jou kom wys! Op my stappie kom daar toe in my gedagtes daai vers van "gooi elke las af...". Ek kon nie onthou waar dit staan nie en dog ek gaan dit kom Google en ek weet nie mooi hoe nie maar hierdie artikel kom toe op. Dis te lank om hier te print maar as jy lus is gaan lees dit. Ek hou baie daarvan. http://www.mannatydskrif.com/geheim_skoonheid.php


So my oggend het met die mooiste godgegewe skoonheid begin - amper soos 'n spesiale present gevoel.


xxx

Wednesday, November 19, 2008

Love one Another


Na aanleiding van jou blog nou die dag... Weet jy hoe moeilik dit is? Ja, ek weet jy weet! Dis maklik om die lief te hê wie jou liefhet, maar O genade! Die skuurpapier-mense in 'n ou se lewe is minder maklik. En daar is heelwat van hulle by die werk. Maar mag die HERE my die krag en genade gee om my self te vergeet en te onthou dit gaan nie oor my nie...

Kombuis venster


Vanoggend toe ek in die kombuis instap sien ek my Christmas cactus het begin blom. Pragtigste helder pienk blommetjies sommer so oornag oopgemaak tot vol blom.

Hierdie lees ek gisteraand...

The Seven Principles of the Proverbs 31 Woman
The Proverbs 31 Woman...

Pursues an ongoing, personal relationship with Jesus Christ.

Loves, honors, and greatly enriches the life of her husband, encouraging and supporting his leadership within his family and his church.

Nurtures the next generation, shaping and molding the children who will one day define who we are as a community and as a nation.

Creates a warm and loving environment for family and friends.

a faithful steward of the time and money God has entrusted to her.

with wisdom and faithful instruction as she encourages others and develops godly friendships.

Shares the love of Christ by extending her hands to help the poor and opening her arms to the needy.

Tuesday, November 18, 2008

Ek verlang na jou!




Vandag verlang ek sommer net na jou toe maak ek die fun-foto's van ons - cute né? Ek't jou email gekry en is so opgewonde oor die popverkope, dis wonderlike nuus. Verseker kan mens met elke bietjie sakgeld doen. Ek glo dat almal wie jy nou moet wegwys, gaan oor hulle voete val in die toekoms. Jou poppe is besonders, maak nie saak wat wie ookal sê nie.

One another


OK so laat ek nou maar weer probeer - gister wou net niks werk op my computer nie! grrr

Ons is besig by die kerk met 'n reeks wat handel oor "one another". Dis nou soos "love one another", "bear one another's burden" etc. Sondag se preek was oor "encourage one another". Terwyl ek daar sit begin ek toe dink oor wie en wat in my lewe my encourage en een van die eerstes waaraan ek kon dink was ons blog!! Weet jy dis regtig vir my 'n bron van aanmoediging. Dit is vir my so lekker om my gedagtewereld met jou te deel en my liefde vir God. Jy inspireer my om in die Woord te bly, om dinge partymaal vanuit 'n ander hoek te sien en so saam saam deel ons in vreugdes, trane skade en skandes. Ek hoop regtig ek is vir jou ook 'n hupstootjie soos wat jy vir my is :-)

Hier is my nuwe vertoonkassie wat ek Saterdag by Ikea gekoop het. Jammer hy kan net so min poppies vat maar gelukkig het Ben my rakke teen die muur ook opgesit so daar is baie plek.

Monday, November 17, 2008

Son, Sand & See




Ons het gister ons eerste see-dag gehad; absolute stunning weer: so 23 grade, effense briesie om die hitte draaglik te maak en nie 'n wolkie in die lug nie. Die son het ons bietjie geklits, maar dit was 'n heerlik dag! Ons sou dit graag met julle wou deel...

One another

Saturday, November 15, 2008

Die son sal weer skyn


Ons het die week heerlike reën gehad en die Petunias in die voortuin lyk so vrolik ek moes hulle af neem. So, ten spyte van al die storms wat om ons woed, wéét ons, die son sal weer skyn!

Friday, November 14, 2008

Ben se winkel


Ek het vir my Ben vertel van jou Ben se shop en gisteroggend toe ons wakker word vertel hy my hoe hy wakker geskrik het in die middel van die nag en gedink het hy het vir Ben 'n idee oor hoe om die shop te laat aangaan! Gelukkig het hy my nie wakker gemaak met sy briljante (!) idee nie want toe ons daaroor praat was dit sommer 'n droom en nie regtig 'n plan nie. Maar net om te sê julle is regtig in ons gedagtes al die tyd - ons droom nou al van julle!!
En mis julle verskriklik...................

Bietjie troos:
Proverbs 3:21 -24
My son, preserve sound judgement and discernment, do not let them out of your sight; they will be life for you, an ornament to grace your neck. Then you will go on your way in safety, and your foot will not stumble; when you lie down, you will not be afraid; when you lie down, your sleep will be sweet.

Ons stuur vir julle baie liefde

Swaeltjies


Terwyl ons nou op die voeltjie onderwerp is, verlede jaar Desember toe ons saam met Jurie-hulle op die plaas kuier, het hierdie swaeltjie gesin ons omtrent vermaak. Dit was elke keer 'n prentjie met etenstyd en die geluide...! Jammer ons het dit nie ook opgeneem nie

Thursday, November 13, 2008

Mamma en voëltjies


Vandag het ek nie regtig iets om te post nie en toe ek hier sit en deur my fotos kyk kom ek af op hierdie een wat Ben een middag in Maryna hulle se tuin geneem het toe hulle nog hier in die dorp gebly het. Sjoe kyk daai klein bekkies wat so skree. En het jy haar ellelange wurm gesien wat sy hulle voer? Die paralelle in die natuur en ons mense se lewens verstom my altyd. Ons God is GROOT.

Grys en Nat


Dit is hoe dit vanoggend uit my kantoorvenster lyk. Ons het so lanklaas reën gehad, hierdie is 'n baie welkome gesig!

Tuesday, November 11, 2008

Life Changing Decisions


Ons gaan deur 'n baie rowwe tyd met die Flourbasket, ons land (en die wereld) se ekonomie is op sy laagste vlak ooit. Ons moet 'n besluit maak, gaan ons aan of sluit ons die deure? Dis nie maklik nie, want dit is nie net ons as 'n gesin wat geraak word nie, maar ook almal wat daar werk. Ek lees toe vandag die dagstukkie en besef net weereens dat ons niks kan doen, geen besluit kan neem, sonder God nie:

Joshua 24:15, NKJ Choose for yourselves this day whom you will serve, whether the gods which your fathers served that were on the other side of the River, or the gods of the Amorites, in whose land you dwell. But as for me and my house, we will serve the LORD. Every day we make hundreds of choices. We choose what to wear - what to eat - how to spend our time. From time to time we make more significant decisions - what car to buy - where to live - what job to apply for - who to marry. Some of the decisions we make are life changing decisions. Our decision to become a Christian is one of those life changing decisions. To live our lives as a Christian totally committed to Him, irrespective of the cost, is another of those life changing decisions. Joshua verbalised it this way: ‘as for me and my house, we will serve the Lord'. As we follow Jesus we will be challenged to make decisions that become life changing even though we don't always recognise this at the time. On a recent course a young lady shared the following testimony: ‘I have made many wrong decisions in my life but signing up to do the Modular School was the best decision I have ever made. It has been life changing. 'Perhaps you have reached a major crossroad in your life. Perhaps you are facing a difficult decision which will affect your life in a major way. Ask yourself what would some of the great figures in the Bible do if faced with the same situation? What would Joshua have done? What would the Apostle Paul have done? Even more importantly what would Jesus do? As you put God first and honour Him, even in the most difficult of decisions, you will find His peace and enter into His destiny for your life. Prayer: Lord Jesus, help me today to know what you would do in each situation that I face. Give me the courage to make the decision that you would make irrespective of the cost. In Jesus, Amen

Bid asseblief saam met ons dat ons die regte besluit sal neem...

Monday, November 10, 2008

Extravaganza







Ek is so jammer die kwaliteit van ons fotos is so swak. Mens kan amper nie eers die poppe op die tafel herken nie. Anyway ons eerste (en laaste) vlooimark het toe baie goed afgeloop. Dit was vreeslik swak bygewoon en as daar 200 mense was is dit BAIE. Ek het darem 4 poppe, amper al my firendship dolls en 1 sneeuman verkoop. O ja en dan een van daai kersfees boompoppies. Dit was 'n laaaang dag en alhoewel ek nie fisies so moeg was na die tyd nie was ek emosioneel op. Dit was vir my vreeslik om so blootgestel aan almal se opinies en kritiek daar te sit. Amper al die vrouens was mal oor die poppe en die lekkerste van als was dat almal wat hulle gesien het het geglimlag. Een van die vrouens wat 'n winkel het in 'n buurdorp (White Salmon) het na my toe gekom en gevra of ek wil consignment poppe maak vir haar winkel. Dit was 'n baie groot kompliment want sy het 'n groterige kuns en geskenkewinkel.



Die ander vrou in ons dorp wat 'n kontemporere kuns gallery het het glad nie belanggestel nie, maar ek troos myself maar deur te dink dat as sy van die poppe in 'n ander setting gesien het sy dalk sou belanggestel het. So dit was 'n mixed gevoelens dag maar tog baie lekker. Ek het dit so geniet dat Marelie my assistent was en die ander vendors het sommer almal met haar gesels.



So vir nou is ek eers klaar met poppe!!!!

Sunday, November 9, 2008

Aloha!


Ons Dinner Club het Vrydagaand ons kwartaalikse ete gehad en die tema was Hawai. Dit was 'n heerlike aand en ek dog ek sal jou wys hoe die tafel gelyk het. Daar was vissies in die glaspotte op die tafel - is dit nie pragtig nie?

Saturday, November 8, 2008

Sneeu manne


Kyk net die dierbare sneeumanne wat ek en Marelie gemaak het. Die botteltjies het ons by die thrift store gekoop en dit toe opgevul met plastiek beads. Die koppe wou ons van klei maak maar dit sou te lank vat om droog te word toe vat ons sommer polystyrene. Marelie is so in haar skik met hulle! Ons gaan hulle ook more op ons vlooimark tafel sit - weet nie of ons ooit enige iets gaan verkoop nie. Ek sal laat weet na die naweek.

Hou vir ons duimvas!

Nul Nege


Ons ry vanmiddag hier onder by die see verby en ek vra Ben om te stop, ek wil 'n foto van die wolke en see neem. Toe ek die foto sien wat ek geneem het, staan die "09" so duidelik uit! Mag dit 'n voorspelling wees van 'n wonderlike geseende jaar...

Thursday, November 6, 2008

Drinking from my Saucer


Ek lees vandag die gedig - Drinking from my Saucer.
I've never made a fortune,
and it's probably too late now.
But I don't worry about that much,
I'm happy anyhow
And as I go along life's way,
I'm reaping better than I sowed.
I'm drinking from my saucer,
'Cause my cup has overflowed.

Haven't got a lot of riches, and sometimes the going's tough But I've got loving ones all around me, and that makes me rich enough. I thank GOD for his Blessings, and the Mercies HE's bestowed. I'm drinking from my saucer, 'Cause my cup has overflowed.
I remember times when things went wrong, My faith wore somewhat thin. But all at once the dark clouds broke, and the sun peeped through again. So LORD, help me not to gripe, about the tough rows I have hoed. I'm drinking from my saucer,'Cause my cup has overflowed.
If GOD gives me strength and courage, When the way grows steep and rough. I'll not ask for other blessings, I'm already Blessed enough. And may I never be too busy, to help others bear their loads. Then I'll keep drinking from my saucer, 'Cause my cup has overflowed.
Mag ons ook uit ons pierings drink omdat ons bekers oorloop van God se liefde, genade en oorvloed

Engele


Hier is een honde engel. (Nie dat sy regtig een is nie maar nou ja ons kan seker almal pretend ne?)

Wednesday, November 5, 2008

Die lelies van die veld


Matt 6:28, 29 " ... Let op hoe groei die veldlelies: Hulle swoeg nie en hulle sweet nie. ...Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie". Ek het Sondag hierdie bos lelies persent gekry en al die knoppe was toe - vanoggend sien ek hierdie pragtige gesig. My selfoon-kamera se 'flash' het ongelukkig outomaties aangegaan en dinge so bietjie oorbelig, maar ek dink jy kry die idee.

Renewal


Ek het vir ons 'n regte mediese rep kalender opgehang in die toilet (!) want dit het sulke mooi prentjies gehad en ek is konstant verward oor wat die datum is.

By hierdie maand se prentjie van herfsbome staan daar: Celebrate autumn as a symphony of change and renewal.

Hmmmmm......

Weird ek het nog nooit gedink daaraan dat herfs 'n tyd is vir verandering en renewal nie. Miskien lente?

Maar toe ek nou mooi daaroor dink toe besluit ek dit is seker juis die seisoen waar eintlik alles verander. En as alles moet verander dan is daar seker altyd 'n kans vir vernuwing?

Skuus hierdie skryf ek nou soos wat ek dit uitdink so ek dink ek gorrel sommer. Natuurlik is dit ook 'n tyd van rus en weer nuwe moed en hoop skep.

Phil: 4:6,7

Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.


Here mag ons lewens oorvloei van U vrede.


Hierdie foto het Ben vir my geneem toe ons die naweek weg was. Is die blare op die grond nie te pragtig nie?

Tuesday, November 4, 2008

My grootste bederf


As daar nou een ding is wat verseker my grootste bederf is is dit om 'n borrelbad te vat met lekker bubble bath, kerse en 'n glasie wyn. Ek is ongelukkig daarvoor bekend dat ek blatant sal vra of ek by jou huis mag bad as jy wel so 'n bad het! Ons was die naweek na 'n ski resort in Idaho - Silvermountain Spa. en lo and behold kyk die bad!!!! Claw foot met 'n remote control wat die bewegings en borrel beheer. En dis nie al nie - dis langs die kaggel en met 'n perfekte view vd flat screen tv. Ek kon myself nie keer nie........................

Dit was 'n wonderlike naweek. Ben het die advertensie gesien vd nuwe resort en ons wou gaan kyk hoe dit lyk. Dit is wat hulle noem 'n "lifestyle resort". Dit is 'n hotel maar opgemaak uit condo units so jy het 'n hele woonstel met vol kombuis. Daar is ook winkels en restaurante in dieselfde kompleks en vir Marelie die ultimate - 'n indoor waterpark met alles wat ry en gly!! Hulle het 'n bekendstellings pakket gehad maar hulle regte pryse is ver bokant wat ons ooit sal kan betaal maar ons het onsself gate uit geniet. Die Saterdagaand wou Ben opsluit braai want die braaiers is langsaan buite jacquizies waar die stoom sulke bolle staan.

Ag dit was sommer net 'n heerlike naweek saam. Dit is absoluut pragtig daar tussen die berge en alhoewel hulle nog nie sneeu het nie kan mens jou net verbeel hoe sprokiesagtig dit moet wees as als wit gesneeu lê.

Hierdie was sommer ons anniversary naweek weg want ons anniversary val reg op Thanksgiving en dan is orals so vol en besig. Marelie het nie skool gehad op Vrydag nie so ons het vroeg die oggend weggekom. Dit was amper ses ure se ry maar defnitief die moeite werd.

Help Is On The Way


Ek het Saterdag die nuwe Michael W Smith op die Internet bestel en vandag is die pakkie hier afgelewer. Ai, wat 'n plesier! Ek was nog altyd 'n MWS fan en hierdie Praise & Worship, A New Hallelujah wat op 20 Junie in Texas opgeneem is, stel definitief nie teleur nie. Die 2de laaste song doen hy saam met Israel Houghton - Help Is On The Way. Inspirasie om van te leef!

Monday, November 3, 2008

Stillewe


Kyk, ek is nie gek oor stillewes nie, maar hierdie skildery het my oog gevang. Hy hang in die Restaurant - dis 'n vriendin (Gail Cousins) wat die shop gebruik om haar skilderye uit te stal en te verkoop. Die kleure is absoluut stunning - ongelukkig wys dit nie so goed op die foto nie, maar die blou is eintlik pers! Ek kan my oë nie van die skildery afhaal nie.

Jippie Jippie Jippie!!!!!!!!!!!!


Ons was die naweek weg (later meer hieroor) en ek het vanoggend gou gaan pos uithaal by die posbus. Daar is toe so vet koevert vir my en toe ek dit oopmaak is dit 'n Rooi Rose!!! Ben se ma het vir my gesubscribe vr 'n jaar as 'n geskenk. Ag dit is sooo lekker om die Afrikaans te lees!! Ek gaan nou eers koffie maak en dan vir 'n ruk opkrul met my tydskrif. Lekkkeerrrrrrr.

Sunday, November 2, 2008

Rusty


As jy jou oë toemaak en agter jou voet wegkruip, kan niemand jou sien nie - dis in elk geval wat Rusty dink! Hy weet baie goed hy mag nie op die bank lê nie, maar dis duidelik dat hy 'n kans vat as hy kan