Monday, November 10, 2008

Extravaganza







Ek is so jammer die kwaliteit van ons fotos is so swak. Mens kan amper nie eers die poppe op die tafel herken nie. Anyway ons eerste (en laaste) vlooimark het toe baie goed afgeloop. Dit was vreeslik swak bygewoon en as daar 200 mense was is dit BAIE. Ek het darem 4 poppe, amper al my firendship dolls en 1 sneeuman verkoop. O ja en dan een van daai kersfees boompoppies. Dit was 'n laaaang dag en alhoewel ek nie fisies so moeg was na die tyd nie was ek emosioneel op. Dit was vir my vreeslik om so blootgestel aan almal se opinies en kritiek daar te sit. Amper al die vrouens was mal oor die poppe en die lekkerste van als was dat almal wat hulle gesien het het geglimlag. Een van die vrouens wat 'n winkel het in 'n buurdorp (White Salmon) het na my toe gekom en gevra of ek wil consignment poppe maak vir haar winkel. Dit was 'n baie groot kompliment want sy het 'n groterige kuns en geskenkewinkel.



Die ander vrou in ons dorp wat 'n kontemporere kuns gallery het het glad nie belanggestel nie, maar ek troos myself maar deur te dink dat as sy van die poppe in 'n ander setting gesien het sy dalk sou belanggestel het. So dit was 'n mixed gevoelens dag maar tog baie lekker. Ek het dit so geniet dat Marelie my assistent was en die ander vendors het sommer almal met haar gesels.



So vir nou is ek eers klaar met poppe!!!!

1 comment:

  1. Ja, en so leer mens. Ag, Vriendin, jy moenie laat ander mense jou afsit nie. Jou poppe is baie spesiaal en as iemand nie van hulle hou nie, is daar fout met hulle, nie met jou poppe nie. Dit lyk baie gesellig daar op jou tafel, wens ek kon saam met jou daar wees!

    ReplyDelete