Wednesday, November 5, 2008

Renewal


Ek het vir ons 'n regte mediese rep kalender opgehang in die toilet (!) want dit het sulke mooi prentjies gehad en ek is konstant verward oor wat die datum is.

By hierdie maand se prentjie van herfsbome staan daar: Celebrate autumn as a symphony of change and renewal.

Hmmmmm......

Weird ek het nog nooit gedink daaraan dat herfs 'n tyd is vir verandering en renewal nie. Miskien lente?

Maar toe ek nou mooi daaroor dink toe besluit ek dit is seker juis die seisoen waar eintlik alles verander. En as alles moet verander dan is daar seker altyd 'n kans vir vernuwing?

Skuus hierdie skryf ek nou soos wat ek dit uitdink so ek dink ek gorrel sommer. Natuurlik is dit ook 'n tyd van rus en weer nuwe moed en hoop skep.

Phil: 4:6,7

Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.


Here mag ons lewens oorvloei van U vrede.


Hierdie foto het Ben vir my geneem toe ons die naweek weg was. Is die blare op die grond nie te pragtig nie?

2 comments:

  1. Mens moet seker maar elke seisoen as 'n nuwe begin sien - dis net soms moeilik om tussen die verskillende seisoene in mens se eie lewe te onderskei! Dis 'n stunning foto - die blare lyk soos 'n quilt.

    ReplyDelete
  2. ja dis waar. op hierdie stadium voel myne soos 'n laaaang uitgerekte winter!

    ReplyDelete