Vandag het begin toe ek vir Marelie skool toe stap. Sy en Ben loop gewoonlik in die oggende sonder my want eks gewoonlik nog in pj's tot 9 uur!! Nou nie dat dit 'n verskriklike stappie is nie - seker 500m soontoe en terug maar ek gun daardie oomblikkie alleen saam met haar pa en dis gewoonlik die tyd wat hulle 2 gesels oor goedjies. Anyway om terug te kom, Ben werk in Pendleton vir 2 dae so vanoggend is ek toe opgekommandeer vir die stappie (eintlik deur Twiggy se beskuldigende ogies meer as Marelie). O maar hoe pragtig!! Toe ons buite kom hol ek net daar en dan terug om die kamera te gryp. Sulke regte fluffy pienk wolke met die sonnetjie wat so netnet deur kom. Ek en Marelietjie (toe al goed laat) het ons verkyk al die pad skool toe. Dit was vir letterlik omtrent 5 minute en toe is dit weg. Gewone grys lug met sulke donker wolkies. Ai maar dit was mooi - miskien moet ek meer oggende vroeer uit die huis kom!! Ek en Twiggy het toe so om die blok gestap en op die ou end papnat gereen!!
Toe ek by die huis kom moes ek net eers vir jou kom wys! Op my stappie kom daar toe in my gedagtes daai vers van "gooi elke las af...". Ek kon nie onthou waar dit staan nie en dog ek gaan dit kom Google en ek weet nie mooi hoe nie maar hierdie artikel kom toe op. Dis te lank om hier te print maar as jy lus is gaan lees dit. Ek hou baie daarvan. http://www.mannatydskrif.com/geheim_skoonheid.php
So my oggend het met die mooiste godgegewe skoonheid begin - amper soos 'n spesiale present gevoel.
xxx
Ek het my versie opgespoor.
ReplyDeleteHeb 12:1
Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,
2
die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
Hierdie foto's is mooi genoeg om op die Wolke website te sit - daai kleure! Wow!
ReplyDeleteHierdie versie is profound en so gepas in die tye waarin ons leef. Om nou te leef soos God se kinders wat 'n ewigheid SAAM MET HOM geerf het, is meer as genoeg rede om die laste van ons af te gooi! Baie Dankie, ek het nodig om weer hieraan herinner te word