Tuesday, November 18, 2008

One another


OK so laat ek nou maar weer probeer - gister wou net niks werk op my computer nie! grrr

Ons is besig by die kerk met 'n reeks wat handel oor "one another". Dis nou soos "love one another", "bear one another's burden" etc. Sondag se preek was oor "encourage one another". Terwyl ek daar sit begin ek toe dink oor wie en wat in my lewe my encourage en een van die eerstes waaraan ek kon dink was ons blog!! Weet jy dis regtig vir my 'n bron van aanmoediging. Dit is vir my so lekker om my gedagtewereld met jou te deel en my liefde vir God. Jy inspireer my om in die Woord te bly, om dinge partymaal vanuit 'n ander hoek te sien en so saam saam deel ons in vreugdes, trane skade en skandes. Ek hoop regtig ek is vir jou ook 'n hupstootjie soos wat jy vir my is :-)

Hier is my nuwe vertoonkassie wat ek Saterdag by Ikea gekoop het. Jammer hy kan net so min poppies vat maar gelukkig het Ben my rakke teen die muur ook opgesit so daar is baie plek.

2 comments:

  1. Ag ou Sus, as jy maar net weet hoeveel hierdie vir my beteken. Ek raak skoon ongedurig as ek nie met jou kan kuier op ons blog nie. Ons kan nogal bou op die "ONE ANOTHER"-tema... dit is iets waaroor die HERE al 'n geruime tyd met my praat, om 'n blessing vir ander te wees want dit gaan nie oor ons nie, dit gaan oor GOD!

    ReplyDelete
  2. ja natuurlik kan ons. daar is so baie van dit in die bybel en aangesien dit as direkte opdragte gekom het aan die gemeentelede is dit ook aan ons. iets wat ek nie geweet het nie is dat bv encourage one another 70 verwysings in die Woord het!! En verseker gaan dit nie oor ons nie maar die feit vd saak is is dat ons fisies hier op aarde is saam met miljoene ander mense en 'n manier moet vind om lig en sout te wees ne

    ReplyDelete