Ja nee die wiel draai ne! Na 7 maande waarin ek moes luister hoe Ben vir my vertel hoe ek al 40 is maar hy is gelukkig nog in sy thirties, het sy oomblik toe aangebreek.
Ek en Marelie het chocolate koek gebak (sien plat koek op foto) en 'n groot rooi hart (wat mens nie kan sien nie) met 'n 40 daarin bo-op versier.
Het jy die funny wonky kersies gesien? Ek het gedink hulle is heel oulik totdat al hulle was afgedrup het nadat ons dit aangesteek het.
Ja! So kom alle goeie dinge toe ook tot 'n einde ne! Ek hoop hy't darem ons funny monkey verjaarsdagkaartjie gekry! Hoop julle het 'n wonderlike dag saam en mag julle nog baie verjaarsdagkoeke saam bak!
ReplyDelete