Saturday, December 27, 2008

Snow boarding en ander sneeu grappies




Hierdie het ek gister op Mt Hood geneem voor sy begin snow board het. Was sommer vir my 'n ou mooi fototjie.


Kyk na die arme garage se "merchandise". Jy gaan dalk op die foto moet kliek om te kan sien wat aangaan.

Friday, December 26, 2008

A Savior has been born











Op Oukersaand kon ons nie kerk toe gaan nie aangesien die diens gekanselleer was agv die sneeu storm. Ons het besluit om te kyk na "The Nativity story" 'n dvd wat ons gekoop het 'n tyd gelede om spesiaal oor die Kerstyd na te kyk.




Vir my die aangrypendste deel vd dvd was waar hulle die ster uitbeeld wat inskyn op die krip in die stal. Dit het my weer herrinner het dat dit God se Seun was wat absoluut mens geword het. Wat 'n ongelooflike gebeurtenis - wat 'n geskenk, wat 'n onbeskryflike genade aan 'n mensdom.

Vir Jesus om te kan sterf in 'n menslike vorm moes hy eers gebore word as 'n hulpelose pap babatjie.

Ek is bly ons het dit gekyk want dit bring weer by mens tuis die omstandighede - die nederigheid waarin Jesus na die aarde gekom het.




En ja verseker kan ons nie by die geboorte van Jesus bly nie en by die krip bly in verwondering staan nie maar nog steeds kan ek by die krip staan een maal per jaar in oopmond verwondering dat God sy eniggebore geliefde Seun vir ons gestuur het op hierdie spesifieke manier. Kersfees bly maar vir my spesiaal en die boodskap wat dit dra bly vir my belangrik.



Ons spartel maar nog steeds in meters en meters sneeu rond. Dis genadiglik besig om warmer te word en hopelik sal dit begin smelt. Ek sit vir jou 'n paar fotos aan dat jy kan sien hoe diep dit in die tuin lê. Ek sit ook 'n foto aan van waar Hood River se in loop in die Columbia rivier is. Mens kan nie glo dat daar sulke reuse stukke ys in die twee enorme rivier kan lê nie.








Thursday, December 25, 2008

Today's THE Day

"Today in the town of David, a Saviour has been born to you; he is Christ the Lord. This will be a sign to you: You will find a baby wrapped in cloths and lying in a manger."Luke 2:11-12, NIV
Ek lees vandag en 'n paar dae al voor Kersfees, dat ons moet aan beweeg van Mattheus en Lukas se verhale van Kersfees, want Kersfees moet in Johannes 1 gesetel wees. Die "advent" is baie belangriker as die "Event" , Jesus se kom s en natuurlike Sy 2de koms is waarna ons moet moet uitsien. Mag die vandag, en die verhouding wat ons met Jesus Christus het, gewortel wees in Johannes 1. Mag ons, soos die babatjie op die foto, in Sy hand wees, wat ookal die omstandighede!

Monday, December 22, 2008

God's Proud of you


Is hierdie nie "heart-warming" nie?

And a voice from heaven said, 'This is My Son, whom I love, with Him I am well pleased'.Matthew 3:17, NIV

God must have been very proud of Jesus as He humbled himself to be baptised.At this stage Jesus had only just begun His ministry, so God wasn't saying that He was pleased with Jesus because of His performance, but just in His humility and obedience.We're all God's children. There are many times He must rejoice with the angels and be delighted when we put Him first in our lives, and when we love others, (as well as loving ourselves). God wants us to enjoy Him as much as He enjoys us. The Father speaks these words over each one of us 'This is My child, whom I love. I am well pleased with you'. He's not pleased with us because of our service for Him, but because our hearts are seeking after Him.

Prayer: Father help me to understand Your love for me and to know that I am Your beloved child. Thank You that You love me, not for what I do but for who I am. In Jesus' name. Amen.
P.S. Ek kon myself nie keer om die prentjie hierby te sit nie! Weet nie of dit heeltemal pas nie, maar dit was pragtig. Die onderskrif was: "A Rare Friendship"

Sunday, December 21, 2008

Yskristalle


Dis nog steeds ysig hier by ons. Ek sien op die tv hulle noem dit 'n "arctic storm". Dit lyk omtrent soos die Arctic en voel defnitief so. Ek moes net eers vir jou 'n foto stuur van die icicles net buite my studio se venster. Dit is amazing. Die buurman s'n is al meer as 2m lank - dit lyk ongelooflik!

Friday, December 19, 2008

Sprokies wêreld




Ons het nog sneeu bygekry - dis omtrent die meeste sneeu wat ons al op een slag gehad het vandat ons hier is. Buite is 'n absolute sprokies wêreld - als lyk so skoon en dis doodstil. Die mense is maar meestal bang om te ry so jy doen dit net as jy moet.


Ek sit vir jou weer 'n foto van my stoele dat jy kan sien hoeveel sneeu ons nog bygekry het.


Gister het Ben en Marelie gaan snow board op Mt Hood en toe hulle afkom het Ben beheer verloor oor die kar en het die kar oor die pad gegly. Gelukkig was daar 'n reeling en het hulle daarteen tot stilstand gekom. Daar is so bietjie skade aan die bumper gelukkig nie te erg nie - dis darem 'n plastiek bumper. Ek is net so bly hulle was nie in 'n ernstige ongeluk nie en dat daar nie op daardie oomblik 'n kar van voor af gekom het nie. Ben is nou heeltemal neuroties oor die ry in die sneeu. Selfs die 4 wheel drive en traction tyres help nie - daar is net te veel sneeu en die sneeu op die teer het nou vasgeys - so jy kan net dink watse gly spul dit is. Mense val hulleself simpel en op die nuus vanoggend het hulle gewys hoeveel mense opeindig in noodgevalle met gebreekte heupe bene arms en sleutelbene. Eish ek dink ek bly net hier in die huis! Ons eet maar brood vir die res vd naweek.


Vir more voorspel hulle blizzard kondisies!!!!!!!! Die wind gaan teen 50 mph waai. Arme Ben moet gaan werk. Gelukkig het hy nou kettings ook opgesit op die voorwiele so hopelik sal hy darem veilig kan kom tot by die apteek.


So geniet julle wonderlike sonskyn en warmte en spaar maar 'n gedagtetjie vir ons.............

Thursday, December 18, 2008

My hart

Ek lees nou net..............
Guard your heart above all else, for it determines the course of your life. Proverbs 4:23 NLT

Nog meer Twiggy in die sneeu







Haai skuus jy sal ook dink ek haak nou weer vas maar hierdie is net te cute! Ek dink DeV sal die fotos geniet. Ons het gister met Twiggy gaan stap (net so om die blok) en sy was vol bolletjies. Gisteraand het Ben en Marelie buite die drive way skoon gemaak en sneeumanne gebou en Twiggy was vir 'n redelike lang tyd buite besig om Marelie te "help" en vir elke buurman en buurkind in die straat te blaf. Sy was later so van die sneeu dat Ben my geroep het om te sê ek moet haar laat inkom want sy plak nou letterlik in die sneeu vas. Sien foto 2.



Ons moes haar afsoak in 'n warm bad want anders trek ons haar hare uit saam met die sneeu. Sy was HOOGS ontsteld toe Ben en Marelie aanhou buite speel en sy moet binne bly. Sy het voor die deur gaan sit en huil tot hulle ingekom het.

Nog meer Twiggy in die sneeu

Wednesday, December 17, 2008

De-cluttering of mind and space


Hierdie advies kry ek in 'n email vandag en besef skielik hoe belangrik dit is om soms net bietjie "huis skoon te maak"! Hier is'n paar tips indien jy Nuwe Jaar voornemens soek...
1.Get rid of that anger, jealousy and self-doubt. If you're waiting for an apology from someone, let it go. If you need to say sorry, then bite the bullet and do it!
2. In the same vein, make room for happiness. Take the space where that negativity used to be and fill it with something positive. For example, instead of complaining endlessly about how bad you day at work was, take the time you have to have fun - watch a funny movie, go out with friends or do something creative.
3. Practice acts of kindness. You'd be surprised how it will clear your mind and leave you feeling good as well!
4. Be creative! Allocate time towards a hobby every day - be it painting, gardening or reading - and let your mind soar. We're creative creatures, so use what you've been given!
5. Prepare for change and accept it. One of the biggest mental litter bugs is the refusal to adapt. Rather than fearing change, let it excite you.
6. Toss out those bad habits which leave baggage or guilt, such as drinking too much or gossiping behind other people's backs. It all comes back to you and causes more trouble than it's worth.
7. Sleep! To have an uncluttered mind you need to recharge it often with revitalising rest and relaxation. Make sure you get enough sleep and the rest will follow.
8. Why not spring clean every season? Cleaning up your surrounds and de-cluttering your physical environment is therapeutic. The more orderly your immediate surrounds, the more orderly your mind will be.
9. Communicate with your loved ones. Communication is the glue that holds all relationships together. Speak openly with your partner every day and try to initiate regular family time where you can all speak - with no TV on in the background! You don't want to be strangers in your own home.
10. Have a medical check up. Avoiding our health doesn't make problems go away, and ''what you don't know can't hurt you'' certainly does not apply! The best cure is prevention, so stop being stubborn and make your health a priority.
11. Make time for exercise. You don't need to spend three hours a day in the gym...just start walking when you can, or even get physical and do those chores around the house. No matter how you get moving, just get moving! If you involve your family then not only will you be spending quality time together, you'll also motivate each other to keep going.
12.Clean up your eating habits. If your food is your fuel, it's better to put in the best if you want the best out. Adopt a healthy eating plan as a lifestyle and see the difference it makes!
13. Figure out what you want from your job and if you're headed in the right direction. If you're unhappy, then do something instead of complaining!
14. Set goals and take steps to achieve them. If you feel you're meandering along meaninglessly, it's up to you to do something about it!
15. Remember...you have one life to live and how you live it is completely up to you. Feel empowered to make your own decisions and be the person you want to be!

Snow balls




Dit sneeu nog vrolik voort hier by ons - die voriges het nog glad nie gesmelt nie so dis nou al 'n redelike dik laag wat op die grond lê. Twiggy is natuurlik mal oor die sneeu. Mens sou dink hulle pote sal brand vd sneeu maar sy kan vir lank buite rond hardloop en sneeu vlokkies vang! Dis te snaaks om haar fasinasie met die sneeu te sien. Die enigste nadeel is dat as sy inkom na so 'n draai buite plak die sneeu in sulke bolletjies aan haar pote vas. En hulle SIT. Jy kan dit nie aftrek nie en obviously smelt dit dan nou maar af op my matte en die sitkamerbank!!
Ons lag nou lekker toe ons sien Twiggy se foto is nie so vleiend nie. Ons het haar so reg op die snoet gevang - Ben sê sy lyk soos 'n ant eater!! (haha)


Tuesday, December 16, 2008

Die Jungle Gym


Die Belofte van 'n Jungle Gym vir De Villiers het toe vandag op Geloftedag gerealiseer! Hy sit nou al vir 'n paar jaar aan ons om een te kry; ons pelle wat Kaap toe trek wou nie hulle gym saamvat nie en vra toe of ons dit nie wil he nie. Dit was maklik om ja te se maar baie moeiliker om hom weer staan te maak - dit was 'n hele dag se werk. Die platform en die mure moet nog gedoen word, maar die dag was te kort!

Monday, December 15, 2008

Beloftes


Janee iemand het die yskas hier by ons oopgelos! Dis vreeslik koud, met die wind saam vanoggend sê hulle die aanvoelbare temp is 4 grade F. Dis KOUD!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ons hoogste dag temp is vandag is 14 grade F. Ek dink dis nog kouer daar waar jou sussie hulle is!

Kyk net hoe lyk my sonstoepie nou - dis na die eerste aand se sneeu. Dis so koud dat die sneeu nou so laag ys op het!! Eks te bang om dit in die strate te waag met die kar so ek bly maar vandag in die huis bo-op die air vents van die air conditioner.


Ek en Marelie doen saam so 'n bybelstudie "Girls of Grace" en hierdie was ons onlangse versie.

Jer 33:2,3 This is what the Lord says, he who made the earth, the Lord who formed it and established it - the Lord is his name: Call to me and I will answer you and tell you great and unsearchable things you do not know.


Is dit nie ongelooflik nie! Wat 'n wonderlike belofte en wat 'n verskriklike groot voorreg om dit aan my kind oor te dra as 'n belofte van die Almagtige wat ons dien!.

In die Leeukuil







De Villiers het die afgelope paar dae omtrent tyd spandeer saam met leeus! Vrydag is hy en 'n maatjie saam by die dieretuin en hulle kon 6 weke-oue welpies vashou - is dit nie net die dierbaarste goete nie! Vanoggend was ons Leeu Park toe en daar is toe wraggies ook 'n leeuwelpie om aan te vat, die man is amper 3 maande oud. As jy mooi kyk kan jy die dikker, krulhare in sy nek en op sy kop sien. Die dingetjie is die dierbaarheid vanself. Ons kon ook die cheetah van naderby beskou.

Sunday, December 14, 2008

sneeu sneeu sneeu




Vanoggend toe ons opstaan lê dit wit van die lang verwagte sneeu!! Marelie en Twiggy is net ewe opgewonde.


Ek het in die week begin om gevriesde ornamente te maak. Ek het sommer my muffin pannetjies gevat en toe allerhande bessies en takkies in gesit en gedistilleerde water opgegooi en toe gevries. Dit is VERSKRIKLIK koud hier (omtrent 20 grade F) vanoggend en ek besluit toe dis net die regte temperatuur vir my vriesbolletjies om aan die boom gehang te word. Hulle lyk tog te pragtig en ek het nou die mooiste droë winterboom in die straat!!
As jy op die tweede foto kliek sal jy mooi sien die bessies in die ys.

Thursday, December 11, 2008

Koekspulletjie


Ek is mos glad nie 'n breister nie! Kon nog nooit mooi uitfigure hoe om 'n patroon te lees nie en kan nie lank genoeg my aandag bepaal by iets wat voel of dit nooit klaar kry nie. Maar dis nou vrek koud in die aande en ek onthou hoe my ma altyd gesê het sy brei graag in die winter want dan het sy sommer iets om haar warm te hou op haar skoot. So ek het toe vir my 'n beginnersboek gekoop en sulke ongelooflike sagte wol en nou maak ek 'n serp vir Ben. Kyk ek het tot 'n patroontjie gebrei!! Eks oulik ne? Daar is die odd gat hier en daar maar ek sal dit maar na die tyd fix met 'n stekie hier en daar om die hele spulletjie net aanmekaar te hou. Volgende op my lys vir hierdie winter is 'n jas vir Twiggy.

Ek wonder of mens oud word as mens begin hou van brei?

Daai "Einde-van-die-Jaar" gevoel


Dit is presies hoe ek vandag voel!


Die fabriek sluit môre en begin weer 7 Januarie. Ons jaar-eind funksie is by Latimer's Landing daar by die hawe. Dis 'n middagete met 'n "nautical" -tema. Ai tog, hoekom pes ek sukke goed tog so baie?! Dinsdag is 'n vakansiedag en ek het Maandag verlof ingesit, maar gaan weer Wo-, Do-, en Vrydag werk dan is ek af tot die 7de. Ons gaan nie weg nie, behalwe vir 'n paar dae saam met pêlle na die Makkedaatgrotte toe in die Baviaanskloof; hier is die link http://www.makkedaat.co.za as jy wil kyk. Ons gaan in die Van Terrebert grot bly vir 3 dae. Dit is blykbaar 'n belewenis. Ons gaan saam met Johan en Charlene; Johan word 50 en Charlene het die venue gereël vir sy surprise-party.

Wednesday, December 10, 2008

Barriers to Worship


Ek lees vandag die in 'n dagstukkie:
Jesus replied to him: “You shall love the Lord your God with all your heart with all your soul and with all your mind”.Matthew 22:37, Amp.
Some of us find it difficult to express love, or indeed any emotion. We know that we should love God but we find worship, and consequently any relationship with Him, extremely hard.This can be because our emotions are blocked. Perhaps we have been told as children that big boys, or girls, don't cry. Or maybe we have discovered that showing emotion is unsafe, like the five year old boy who reacted angrily to his stepfather and was beaten so badly he made a vow never to show anger again. In his case it didn't work and he became a violent and angry man, ending in prison for grievous bodily harm. There he met Christ and through a slow and difficult journey has learnt to express his emotions in a godly way - by forgiving the ones who hurt him and releasing the pain and anger to God. Sometimes we choose to block our emotions off completely because the pain of what has happened to us is so terrible - all our feelings are stuffed down inside. The effort of holding them down can sometimes cause depression and other similar sicknesses.But God is a God of love, which is an emotion, and Jesus, who was fully human as well as fully divine, expressed the whole range of emotions from love to grief, anger to joy, and as we are made in His image, He wants us to express the whole range too. Where we have blocked off our emotions we need to ask Him to help us release the pain and anger to Him and know freedom inside.
Prayer: Father, I am sorry for the times when I have blocked off my emotions. Please help me to connect my memories with the emotions so that I can deal with them in a godly way and be healed. In Jesus' name, Amen.

Kersboom versierings


Ek het my ornamentjies gewys vir iemand hier en toe sy hulle sien wil sy net dadelik sommer 5 van hulle bestel! Eish en ek was eintlik besig met ander poppe maar moes toe maar als los en eers van hierdie goggatjies maak. Hier is solank 3 van hulle. Hulle name is love, peace en believe - ek dink nie mens kan dit mooi uitmaak op die fotos nie. Ek was dalk dom - moes meer van hulle gemak het vir die kersmark maar nou sal ek onthou vir vlge jaar.

Monday, December 8, 2008

My soldaatjie


Hier is die beloofde "beter" foto van Marelie met haar soldate pakkie aan. Die uitvoering het pragtig afgeloop en ou Marelietjie het so mooi gedans!

Die opbrengs van die konsert gaan na FISH - 'n organisasie wat kos gee vir minder bevooregtes en ek het nogal gedink ek wil na hulle kantoor gaan in die dorp en gaan hoor of ek dalk vir hulle kan volunteer. Hulle is maar altyd op soek na volunteers vir die sopkombuise en so aan en ek het nou die tyd om so iets te doen.