Ek is mos glad nie 'n breister nie! Kon nog nooit mooi uitfigure hoe om 'n patroon te lees nie en kan nie lank genoeg my aandag bepaal by iets wat voel of dit nooit klaar kry nie. Maar dis nou vrek koud in die aande en ek onthou hoe my ma altyd gesê het sy brei graag in die winter want dan het sy sommer iets om haar warm te hou op haar skoot. So ek het toe vir my 'n beginnersboek gekoop en sulke ongelooflike sagte wol en nou maak ek 'n serp vir Ben. Kyk ek het tot 'n patroontjie gebrei!! Eks oulik ne? Daar is die odd gat hier en daar maar ek sal dit maar na die tyd fix met 'n stekie hier en daar om die hele spulletjie net aanmekaar te hou. Volgende op my lys vir hierdie winter is 'n jas vir Twiggy.
Ek wonder of mens oud word as mens begin hou van brei?
Dit het niks met ouderdom te doen nie! Ek het vir Ben 'n trei gebrei kort nadat ons getroud is, kan jy dit glo!? Dit was ook die laaste keer wat ek gebrei het! Dis eintlikm 'n baie lekker ding om te doen - in die winter natuurlik! Jou Ma en my Ma het presies dieselfde gevoel oor brei - 'n winterhobby...
ReplyDelete