Onthou jy daai oggend toe ek vir jou die pienk wolkies gestuur het ek gesê daar maal 'n versie in my kop. Dit was Heb 12:1 en 2 en ek het gedog ek wil 'n pop maak wat dit vir my simboliseer. Aanvanklik was sy jou kersfeespresent maar nou dat sy klaar is is haar konstruksie ongelukkig onposbaar. Sy sal net glad nie goed travel met al haar drade en goete nie.
Ek wil net gou vir jou verduidelik wat deur my gedagtes gegaan het. Sy is veronderstel om 'n marionet voor te stel - (die draad struktuur en ook die eienaardig pose met die arms) maar as jy kyk na haar gesig kyk sy ver verby dit na bo wat simboliseer "hou die oë op Jesus". Die drade is "elke las aflê en die sonde wat so maklik verstrik" want die drade simboliseer vir my die dinge wat ons vashou en terughou en wat ons voel ons nie van kan ontslae raak nie. Sjoe dink net as al daai drade koek dan is die marionet wraggies nie in staat om enige iets te doen nie.
Haar naam is Grace wat al klaar genoeg sê en die verskriklike geel bloes is veronderstel om te simboliseer God se genade wat op haar skyn.
Moet asb nie dink dat ek dink dat ons marionette van God is nie, dit is maar net my manier om 'n ander simboliek te demonstreer.
Ps. Ek is al klaar besig met 'n nuwe pop vir jou hoor!! Sy gaan dalk nie 'n krismispresent wees nie maar sal wel by jou uitkom ek belowe!!
Die beste deel is dat ek so baie aan jou dink en vir jou bid terwyl ek haar spesiaal vir jou maak!!
Ai Vriendin, ek sit en tjank terwyl ek die lees. Jy het so 'n spesiale talent, weet jy dit? Hierdie pop is baie spesiaal, so al is sy nie posbaar nie, is sy verseker kosbaar! Dit is tog so jammer dat ons onsself vasmaak aan allerhande aardse goete en ons so verstrik raak dat ons dit later nie eers meer agterkom nie! Baie Dankie, ek hou my oe op JESUS!!!
ReplyDeletehttp://www.youtube.com/watch?v=YRXDsbRQNlA
ReplyDeleteAs jy hierdie URL copy en paste in jou adres-field op die internet, sal jy die musiek hoor (en die video sien) wat by die "Post" pas...