Monday, December 15, 2008

Beloftes


Janee iemand het die yskas hier by ons oopgelos! Dis vreeslik koud, met die wind saam vanoggend sê hulle die aanvoelbare temp is 4 grade F. Dis KOUD!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ons hoogste dag temp is vandag is 14 grade F. Ek dink dis nog kouer daar waar jou sussie hulle is!

Kyk net hoe lyk my sonstoepie nou - dis na die eerste aand se sneeu. Dis so koud dat die sneeu nou so laag ys op het!! Eks te bang om dit in die strate te waag met die kar so ek bly maar vandag in die huis bo-op die air vents van die air conditioner.


Ek en Marelie doen saam so 'n bybelstudie "Girls of Grace" en hierdie was ons onlangse versie.

Jer 33:2,3 This is what the Lord says, he who made the earth, the Lord who formed it and established it - the Lord is his name: Call to me and I will answer you and tell you great and unsearchable things you do not know.


Is dit nie ongelooflik nie! Wat 'n wonderlike belofte en wat 'n verskriklike groot voorreg om dit aan my kind oor te dra as 'n belofte van die Almagtige wat ons dien!.

1 comment:

  1. Ek wonder hoeveel goed het God ons al vertel (which we do not know) wat totaal en al oor ons koppe gegaan het!? Ons dien werklik 'n God vol verassings wat ons so ongelooflik baie liefhet.
    Liewe genade, 4 grade F! Dis omtrent -15 grade C. Mens is net buite vandag as jy nie 'n huis het nie!

    ReplyDelete