Tuesday, December 2, 2008

The Shack


Jong vanoggend het ek 'n bee in my bonnet so maak jouself maar gemaklik hierdie kan dalk 'n laaaaang rambling wees!
Ek weet nie of jy hierdie boek gelees het nie? Dit is een vd top sellers hier in die US en op Amazon was dit vir lank een vd top 10 boeke. Ek was glad nie van plan om dit te lees nie want daar is soveel honderde boeke wat ek lees dat dit nie regtig op my radar was nie. Toe Maryna nou laas week hier aankom bring sy toe vir ons almal geskenke en een van myne is toe die boek. Sy sê toe dat sy gedog het ek sal dit dalk geniet. Ek moet eers sê ek is en was nog altyd baie lugtig veral vir "christelike" storieboeke maar aangesien sy toe so opgewonde is om vir my te gee dog ek ek sou dit maar lees.
Sy sê toe ook dat sy vir haarself ook 'n copy gekoop het.
OK so ek lees dit toe en daar is ongelukkig nogal heelwat van sy stellings wat ek nie glo heeltemal bybels is nie en wat ek glo wat dalk selfs bietjie gevaarlik kan wees. Daar is egter ook die goeie in die boek en vir myself persoonlik het dit heelwat van my stereotipiese idees gechallenge en my weer goed laat dink oor my persoonlike verhouding met God en hoe ek God sien.
Hence gister se post want een vd dinge wat my die meeste ontstel het was dat God amper "verklein" is tot dit wat die skrywer nodig gehad het op daai stadium in sy lewe. Ons God is die Heerser vd heelal!! Maar dit gesê is dit ook seker nodig om te besef dat die skrywer praat oor een spesifieke ervaring.
As jy jou hande op 'n copy kan kry lees dit asb. Ek sal graag met jou wil gesels oor party vd goed wat hy kwytraak. Daar is nogal baie inhoud en baie van dit is bybel gefundeerd maar ek glo dat as jy nie 'n oortuigde christen is wat die bybel gereeld lees en ken nie jy nogal mislei kan word deur party van die meer subtiele stellings in hierdie boek.
ASb bid saam met my vir Maryna. Ek sou aan die een kant graag wou hê sy moet die boek lees want dit raak mens nogal op emosionele vlak en dalk is dit net die trigger wat sy nodig het maar dat die Heilige Gees haar sal prompt om die waarheid in die Bybel te gaan soek. Meer later hieroor.......

1 comment:

  1. Ek het nou al so verkriklik baie gehoor van die boek maar het homself nog nie gelees nie. My Skoon-sus het vir my een gekoop in die Kaap en sy is veronderstel om dit vir my te stuur. Weet nie wanneer dit gaan gebeur nie, maar as ek een te leen kry sal ek hom lees sodat ons kan kuier... Ons sal bid vir Maryna, bid dat sy nie nou op goete sal afkom wat haar meer skepties sal maak nie, maar dat sy so honger vir God en Sy woord sal woord, dat sy nie anders kan as om na die Bybel te gryp nie!

    ReplyDelete