Vanoggend toe ons opstaan lê dit wit van die lang verwagte sneeu!! Marelie en Twiggy is net ewe opgewonde.
Ek het in die week begin om gevriesde ornamente te maak. Ek het sommer my muffin pannetjies gevat en toe allerhande bessies en takkies in gesit en gedistilleerde water opgegooi en toe gevries. Dit is VERSKRIKLIK koud hier (omtrent 20 grade F) vanoggend en ek besluit toe dis net die regte temperatuur vir my vriesbolletjies om aan die boom gehang te word. Hulle lyk tog te pragtig en ek het nou die mooiste droë winterboom in die straat!!
As jy op die tweede foto kliek sal jy mooi sien die bessies in die ys.
Ai, ek het darem 'n oorspronklike vriendin! Dit lyk pragtig, waar hetjy die idee gekry? Het jy dit al voorheen gesien. Dit lyk bibberend koud daar by julle! Geniet die sneeu!
ReplyDeleteek het eendag op tv gesien iemand wat van bessies ornamente maak maar hierdie is sommer so my eie idee - ek kyk altyd na die yskristalle wat so orals buite aan die huise en bome hang en dog toe miskien kan ek ook my eie ysbolle maak. aanvanklik wou ek net die ys gebruik maar toe sien ek my pak cranberries in die yskas wat ek net halfpad gebruik het vir thanksgiving en gooi hulle sommer toe in. toe volg ben natuurlik entoesiasties en gooi my hele gevriesde pak mixed berries in en daarna takke van my roosmarynbos en toe sommer sulke anner bessies wat in marelie se ballet ruiker was. ben het homself gate uit geniet!! :0
ReplyDelete