Monday, December 1, 2008

Ons Almagtige God


Ek is so jammer ek het so lanklaas geblog maar laasweek was net so besig! Al die baie celebrations almal in een week ingeprop en toe het Maryna en Shakir ook nog by ons kom bly vir 4 dae. Met die gevolg dat ek letterlik 5 dae laas eers die computer gesien het!! Dit was heerlik om vir Maryna hulle hier te gehad het vir Thanksgiving. Hamid het vir 2 weke na Algerie gegaan om vir sy ma te gaan kuier wat blykbaar baie siek is.


Gisteroggend het ons pastor gepreek oor die almagtigheid en grootheid van die God wat ons dien. Hy het die mooiste beeld geskets uit Jesaja 6 vanaf vers 1 tot 8. Hier staan dat God gesit het op 'n troon bokant die tempel en die "punt" van sy some het die hele tempel gevul. Die serafs wat hy beskryf het as reuse "drake" aangesien hulle blykbaar altyd geidentifiseer word met vuur ens het hulle oë en voete met hulle vlerke bedek omdat hulle nie na die Here kon kyk nie.

Hulle het na mekaar geroep - heilig heilig heilig is die Here.....

HIerdie beeld het my net aangegryp want so dikwels is ons as mense geneig om 'n beeld van God te hê wat inpas by ons prentjie hetsy God as Vader of God as Jesus - ons verlosser en vriend maar God is Almagtige GROOT Koning.

Dit bly net vir my ongelooflik dat so 'n magtige God ons ou klein mensies met ons behoeftes kan raaksien en meer as dit nog so liefhet dat Hy als gegee het om ons met Hom te kan versoen.

3 comments:

  1. Wat 'n asemrowende beeld! Eintlik bietjie moeilik vir ons aardse wesens om dit te visualiseer. Die woorde van die (ek dink) Hallelujah-lied, "O, Heer my God" kom onwillekeurig by my op as ek lees wat jy skryf en ek en mens net weereens besef hoe groot en almagtige God ons dien, en om alles te kroon, leef HY!!!

    ReplyDelete
  2. Was Maryna saam met julle kerk toe?

    ReplyDelete
  3. weet jy sy was net hier van die woensdag tot die saterdag oggend. sy wou na mense toe gaan wat ook hier in hood river bly van wie die man baie siek is. hy het terminale rug kanker en dit gaan baie sleg met hom. sy ken hulle naie goed want hulle is soos sy albei plant patoloë en het saam by die universiteit gewerk. dit is vir haar baie swaar om hom so te sien ly. sy is al voreg die oggend seker so 9 uur weg om vir hulle te kuier want dit was nog 'n 3.5 ure ry terug na waar sy woon. hamid het sondagaand teruggekom van algerië en hulle moes hom ook gaan haal by die lughawe.

    ReplyDelete