Thursday, December 11, 2008

Daai "Einde-van-die-Jaar" gevoel


Dit is presies hoe ek vandag voel!


Die fabriek sluit môre en begin weer 7 Januarie. Ons jaar-eind funksie is by Latimer's Landing daar by die hawe. Dis 'n middagete met 'n "nautical" -tema. Ai tog, hoekom pes ek sukke goed tog so baie?! Dinsdag is 'n vakansiedag en ek het Maandag verlof ingesit, maar gaan weer Wo-, Do-, en Vrydag werk dan is ek af tot die 7de. Ons gaan nie weg nie, behalwe vir 'n paar dae saam met pêlle na die Makkedaatgrotte toe in die Baviaanskloof; hier is die link http://www.makkedaat.co.za as jy wil kyk. Ons gaan in die Van Terrebert grot bly vir 3 dae. Dit is blykbaar 'n belewenis. Ons gaan saam met Johan en Charlene; Johan word 50 en Charlene het die venue gereël vir sy surprise-party.

3 comments:

  1. o wow dit lyk stunning! ek hoop julle geniet dit verskriklik! jy moet tog fotos neem as julle daar is en vir my stuur. ek was nog nooit daar nie, in fact het nog nooit eers vd makkedaat grotte gehoor nie!
    geniet jou paar af daggies - die einde is darem in sig ne? ek kan net dink hoe jy uitsien na jou verlof. so niks kaap vir julle hierdie jaar nie? kom jou boetie hulle na julle toe?

    ReplyDelete
  2. Nee, hulle wou kom maar ons sou so min tyd met hulle kon spandeer; Ben sal die meeste van die tyd by die shop wees. Dit gaan nie baie goed met my broer nie - hy het vreeslike speirpyne gehad en dokter wil toe kyk of daar infeksie erens is. Na baie toetse doen hulle toe 'n kolonoskopie en kry poliepe op sy dikderm. Volgens die dokter is die poliepe pre-kankerselle en hy wil volgende week 15 cm van sy dikderm verwyder! Daar is maar baie angs betrokke en die vrese wat maar saam met die tipe van goete gaan - hulle gaan deur 'n rowwe tyd...

    ReplyDelete
  3. ek is so jammer om dit te hoor. ben se ma het presies dieselfde ding gehad maar na die operasie gaan dit baie beter met haar. sy kan egter tot vandag nie sekere kosse eet nie.
    ek dra jou broer in my gebede op hoor!

    ReplyDelete