Monday, December 15, 2008

In die Leeukuil







De Villiers het die afgelope paar dae omtrent tyd spandeer saam met leeus! Vrydag is hy en 'n maatjie saam by die dieretuin en hulle kon 6 weke-oue welpies vashou - is dit nie net die dierbaarste goete nie! Vanoggend was ons Leeu Park toe en daar is toe wraggies ook 'n leeuwelpie om aan te vat, die man is amper 3 maande oud. As jy mooi kyk kan jy die dikker, krulhare in sy nek en op sy kop sien. Die dingetjie is die dierbaarheid vanself. Ons kon ook die cheetah van naderby beskou.

1 comment:

  1. Ag hulle is te dierbaar. ek het fotos van marelie waar sy omtrent dieselfde ouderdom as DeV is met ook sulke welpies. ek is net altyd verstom om te sien hoe groot hulle pote is en die krag wat alreeds in daardie klein lyfies is! dis pragtige fotos dankie hoor!!

    ReplyDelete