Friday, December 19, 2008

Sprokies wêreld




Ons het nog sneeu bygekry - dis omtrent die meeste sneeu wat ons al op een slag gehad het vandat ons hier is. Buite is 'n absolute sprokies wêreld - als lyk so skoon en dis doodstil. Die mense is maar meestal bang om te ry so jy doen dit net as jy moet.


Ek sit vir jou weer 'n foto van my stoele dat jy kan sien hoeveel sneeu ons nog bygekry het.


Gister het Ben en Marelie gaan snow board op Mt Hood en toe hulle afkom het Ben beheer verloor oor die kar en het die kar oor die pad gegly. Gelukkig was daar 'n reeling en het hulle daarteen tot stilstand gekom. Daar is so bietjie skade aan die bumper gelukkig nie te erg nie - dis darem 'n plastiek bumper. Ek is net so bly hulle was nie in 'n ernstige ongeluk nie en dat daar nie op daardie oomblik 'n kar van voor af gekom het nie. Ben is nou heeltemal neuroties oor die ry in die sneeu. Selfs die 4 wheel drive en traction tyres help nie - daar is net te veel sneeu en die sneeu op die teer het nou vasgeys - so jy kan net dink watse gly spul dit is. Mense val hulleself simpel en op die nuus vanoggend het hulle gewys hoeveel mense opeindig in noodgevalle met gebreekte heupe bene arms en sleutelbene. Eish ek dink ek bly net hier in die huis! Ons eet maar brood vir die res vd naweek.


Vir more voorspel hulle blizzard kondisies!!!!!!!! Die wind gaan teen 50 mph waai. Arme Ben moet gaan werk. Gelukkig het hy nou kettings ook opgesit op die voorwiele so hopelik sal hy darem veilig kan kom tot by die apteek.


So geniet julle wonderlike sonskyn en warmte en spaar maar 'n gedagtetjie vir ons.............

2 comments:

  1. Dit is ongelooflik! Ek onthou my suster-hulle het altyd van "taai" gesneeu gepraat, dis nou die sneeu wat opstapel nadat die onderlaag ge-ys het. OOk die lekkerste sneeu vir slee-ry. Gendage Vriendin, dis 'n ander wereld! Hier by ons is dit so warm en bedompig die afgelope paar dae. Ons het darem bietjie reen ook gehad maar glad nie genoeg nie!

    ReplyDelete
  2. 'Skuus, ek't nie die spel-check aan nie - dit moet "GENADE" lees! Finger-trouble...

    ReplyDelete