Friday, December 26, 2008

A Savior has been born











Op Oukersaand kon ons nie kerk toe gaan nie aangesien die diens gekanselleer was agv die sneeu storm. Ons het besluit om te kyk na "The Nativity story" 'n dvd wat ons gekoop het 'n tyd gelede om spesiaal oor die Kerstyd na te kyk.




Vir my die aangrypendste deel vd dvd was waar hulle die ster uitbeeld wat inskyn op die krip in die stal. Dit het my weer herrinner het dat dit God se Seun was wat absoluut mens geword het. Wat 'n ongelooflike gebeurtenis - wat 'n geskenk, wat 'n onbeskryflike genade aan 'n mensdom.

Vir Jesus om te kan sterf in 'n menslike vorm moes hy eers gebore word as 'n hulpelose pap babatjie.

Ek is bly ons het dit gekyk want dit bring weer by mens tuis die omstandighede - die nederigheid waarin Jesus na die aarde gekom het.




En ja verseker kan ons nie by die geboorte van Jesus bly nie en by die krip bly in verwondering staan nie maar nog steeds kan ek by die krip staan een maal per jaar in oopmond verwondering dat God sy eniggebore geliefde Seun vir ons gestuur het op hierdie spesifieke manier. Kersfees bly maar vir my spesiaal en die boodskap wat dit dra bly vir my belangrik.



Ons spartel maar nog steeds in meters en meters sneeu rond. Dis genadiglik besig om warmer te word en hopelik sal dit begin smelt. Ek sit vir jou 'n paar fotos aan dat jy kan sien hoe diep dit in die tuin lê. Ek sit ook 'n foto aan van waar Hood River se in loop in die Columbia rivier is. Mens kan nie glo dat daar sulke reuse stukke ys in die twee enorme rivier kan lê nie.








3 comments:

  1. Liewe genade! Hoe op aarde kom mens van punt A na B? Jy het seker voorrade opgebou vir sulke dae, of hoe? Dankie vir die foto's, ek kan amper die koue voel!

    ReplyDelete
  2. Ek gaan kyk of ek die DVD kry, ek dink amper ek het hom al in die winkels gesien. Dis 'n ouerige prent ne? So 2, 3 jaar oud?

    ReplyDelete
  3. Ja ek dink dis so 2 jaar oud. Dit is nogal die moeite werd dink ek om vir ons kinders te wys. Dit gee hulle so bietjie van 'n prentjie vd lewenswyse van daai tyd.
    'n Ander fliek wat jy MOET sien is One night with the King. Dis die storie van Esther en ek het dit seker al 3 keer gesien. Elke keer geniet ek dit net meer. Die filmstelle, kostuum en als is net fantasties. Die storie is reg uit die Bybel geneem en het geen ekstra draaitjies of dinge nie. Dis een vd amazingste stories en ek is so bly hulle het dit in 'n fliek gemaak. Treat jouself en koop of huur die dvd terwyl jy nou tyd het.

    ReplyDelete