Dit sneeu nog vrolik voort hier by ons - die voriges het nog glad nie gesmelt nie so dis nou al 'n redelike dik laag wat op die grond lê. Twiggy is natuurlik mal oor die sneeu. Mens sou dink hulle pote sal brand vd sneeu maar sy kan vir lank buite rond hardloop en sneeu vlokkies vang! Dis te snaaks om haar fasinasie met die sneeu te sien. Die enigste nadeel is dat as sy inkom na so 'n draai buite plak die sneeu in sulke bolletjies aan haar pote vas. En hulle SIT. Jy kan dit nie aftrek nie en obviously smelt dit dan nou maar af op my matte en die sitkamerbank!!
Ons lag nou lekker toe ons sien Twiggy se foto is nie so vleiend nie. Ons het haar so reg op die snoet gevang - Ben sê sy lyk soos 'n ant eater!! (haha)
Sies vir julle! Moenie met haar spot not nie! Ek kan net dink hoe sou Alfie se pens rondgesleep het in die sneeu... wat 'n prentjie...
ReplyDelete