Tuesday, December 16, 2008

Die Jungle Gym


Die Belofte van 'n Jungle Gym vir De Villiers het toe vandag op Geloftedag gerealiseer! Hy sit nou al vir 'n paar jaar aan ons om een te kry; ons pelle wat Kaap toe trek wou nie hulle gym saamvat nie en vra toe of ons dit nie wil he nie. Dit was maklik om ja te se maar baie moeiliker om hom weer staan te maak - dit was 'n hele dag se werk. Die platform en die mure moet nog gedoen word, maar die dag was te kort!

2 comments:

  1. ag hoe lekker staan hy daar bo - king the world!!!
    dis seker enige kind se droom om een te hê en ek hoop hy het ure se pret daarop! julle was slim om nie die glyplank in die swembad in te laat gly nie!

    ReplyDelete
  2. Dit sou 'n fout gewees het! Dis natuurlik nog steeds 'n baie groot vraag oor waar die swaai moet kom; hy's veronderstel om aan die kant te kom waar De Villiers staan maar daar is nie plek nie en aan die ander kant sal hy oor die swembad swaai... ek worstel nog met die idee. Miskien sit ons hom heeltemal apart op 'n ander plek op

    ReplyDelete