Haai skuus jy sal ook dink ek haak nou weer vas maar hierdie is net te cute! Ek dink DeV sal die fotos geniet. Ons het gister met Twiggy gaan stap (net so om die blok) en sy was vol bolletjies. Gisteraand het Ben en Marelie buite die drive way skoon gemaak en sneeumanne gebou en Twiggy was vir 'n redelike lang tyd buite besig om Marelie te "help" en vir elke buurman en buurkind in die straat te blaf. Sy was later so van die sneeu dat Ben my geroep het om te sê ek moet haar laat inkom want sy plak nou letterlik in die sneeu vas. Sien foto 2.
Ons moes haar afsoak in 'n warm bad want anders trek ons haar hare uit saam met die sneeu. Sy was HOOGS ontsteld toe Ben en Marelie aanhou buite speel en sy moet binne bly. Sy het voor die deur gaan sit en huil tot hulle ingekom het.
Die arme hons, sy sal ook op 'n stadium vra of sy nie maar haar jas kan uittrek om lekkerder te kan speel in die sneeu nie! Sy's te cute!
ReplyDelete