Dis wraggies al klaar weer Nutcracker tyd en hierdie jaar is Marelie lead soldier. Gisteraand was die kleedrepetisie en aangesien Ben gewerk het was ek alleen daar met my kamera oorgehaal want jy mag mos nie in die regte vertoning met 'n flash afneem nie. Well ek weet nie wat my gevang het of dit die musiek, die kinders se ekstatiese gesiggies of sommer net 'n kombinasie van goete was nie maar ek was in trane. Soveel dat ek omtrent geen fotos geneem het nie en die wat ek wel geneem het absolute floppe was. Dit was so mooi en oulik en gelukkig was die saal lekker donker.
Vanmiddag is die regte vertoning en ek sal maar probeer om back stage 'n paar fototjies te neem en vir jou stuur. Hoop maar my traankliertjies is leeg..............
Ek dink nie 'n Ma se traansakkies sal ooit leeg word nie want die traankliere word al hoe meer besig hoe ouer mens word! Dankie vir die foto's, ek wens ek kon dit in lewende lywe sien. Het iemand nie 'n video ("skuus, dvd) geneem nie?
ReplyDelete