
Ons't verlede week bietjie tuin gemaak - hierdie mooi Petuniatjies vrolik nou die voor-tuin op - hulle naam is "Strawberry Queen", is hulle nie pragtig nie?








en De Villiers se verdriet oor sy kortstondige swem-seisoen wil hy toe by my weet of dit wéér vandag gaan reën. Ek stuur hom toe uit met my selfoon om die wolke te gaan afneem, sodat ek ten minste vir hom 'n idee kan gee. Hierdie is die foto waarmee hy terug gekom het. Dit is nie maklik om 'n weervoorspeller te wees nie...





Ons het nou die dag na die waterval toe gehike op Mt Hood - Tawanama Falls. Dit is so pragtig daar en het lekker piekniek gehou voor ons weer afgekom het.











Ek kry vanoggend die in 'n email en toe ek dit lees besef ek net hoe relatief alles in die lewe is. En as hierdie aardse goed vir ons so relatief is, hoeveel te meer is dit nie vir God nie? Ons maak soveel van goete wat eintlik niks beteken nie, maar aan die ander kant weet God ook wat ons nodig het, want Sy Seun was ook hier op aarde! Wat 'n voorreg is dit nie om so God te kan aanbid nie!

