Ons het gaan stap en hier kan jy sien hoe duidelik begin die bome verkleur. Herfs is ongelooflik pragtig hier - die woude word letterlik spatsels van goud, bruin en rooi. Saam met die mooi loop natuurlik die kouer luggie maar dis nog vars en crisp en aangenaam om buite te wees. Dis een van my gunsteling seisoene en ek het vir Ben gevra dat ons dalk hierdie week moet ry om te gaan fotos neem. Ek is altyd net so terleurgesteld as my fotos nie die moment kan capture in sy totaliteit nie. God se skepping is 'n kunswerk!
Ek het al "choclate-box" foto's van die herfs in Amerika gesien - dit is ongelooflik. Ons het nie regtig 4 seisoene in SA nie - somer gaan oornag in winter in! Dis stunning - jy moet oor 'n tydperk op dieselfde plek foto's neem - dalk kry mens dan 'n beter idee!
ReplyDelete