Ek moes eers vir jou hierdie foto van Marelie stuur. Dit is vandag fotodag by die skool en vanoggend was vir die eerste keer 11 jaar 'n groot gefaff met die "hare". Sy was nog nooit geworry oor hoe sy lyk nie behalwe vanoggend. My meisiekind word groot!!! Dis vir my ongelooflik om te sien hoe haar gesiggie verander. Haar gesiggie word al hoe meer vierkantig (nes ma s'n - ek het so gehoop sy spring dit vry) maar gene is maar gene ne?
Agter haar is die spieel wat sy en Ben vir my gemaak het vd stukkies plastiek blinds wat hulle geverf en geplak het. Ek dink as jy op die foto kliek sal dit bietjie groter wees.
Dis 'n stunning foto! Sy lyk baie mooi, die ge-faff was definitief die moeite werd. Die spieel is nog iets wat julle by die vlooimark kan bemark!
ReplyDelete